A place where stories unfold

Foto’s 3: Jakes Gerwel-gesprekke by Suidoosterfees

Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV

Dag 3

The Outsider: Herman Mashaba In collaboration with Jonathan Ball

Prince Mashele and Anthony Butler discuss the outsiders such as Volodymyr Zelensky, Emmanuel Macron and Herman Mashaba who entered mainstream politics. Mashaba is a business tycoon who caused turmoil in our political landscape. After his term as DA mayor of Johannesburg, he founded his own political party, Action SA. In a short time, he managed to gather enough votes to make him a force to be reckoned with in the boisterous world of coalition politics.

Prince

Anthony

Anthony and Prince

&&&&&&&&

Lees die storie hier:


’n Kind soos ek In samewerking met NB-Uitgewers

Crystal-Donna Roberts, Deidré Jantjies en Suzette Myburgh praat oor hulle boeke wat gaan oor die verhale van mense wat vir té lank in kinderboeke afwesig was.

“Ek wou ’n karakter skep wat soos ek lyk,” sê Crystal-Donna Roberts oor haar debuut-jeugroman, Speurder Sammi. Op haar beurt teken Deidré Jantjies in Stories in die wind die verhale op van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en die Kalahari. Beide skrywers was deelnemers aan die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers. Suzette Myburgh was hulle mentor.

Crystal-Donna

Deidre

Crystal-Donna, Suzette and Deidre

JGF/NB Uitgewers Afrikaans mentor Suzette. Agter sit Audrey Jantjies (JGF/NB mentorskap 2020) en Lebo Mazibuko (JGF/NB mentorskap 2020), Theolla Langenhoven (JGF/LitNet Kommadagga Slypskool 2020), JGF/NB Publishers English mentor Angela Briggs. Voor sit Crystal-Donna Roberts (JGF/NB mentorskap 2021) en Deidrè  (JGF/NB mentorskap 2020),

&&&&&&&&

“‘n Besonderse oomblik vir my was die moment toe ek, Lebo Mazibuko, Deidrè Jantjies, Crystal-Donna Roberts en Theolla Langenhoven saam op ‘n pic gepose het saam met ons mentors, Suzette Kotze – Myburgh en Angela Briggs. Ek het byna aan die skrie’ geraak – so groot was die oomblik. Om te dink, ons is almal graduates van die Jakes Gerwel Foundation. Ek hoop dat ons mentors dit ook so ervaar het, met dieselfde trots om hulle as  guides te hê. Die glorie, sou ek dink, is dan net soveel hulle twee s’n as ons s’n.” Audrey Jantjies


Opskrifte: JGF News

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *