A place where stories unfold

Suidoosterfees: Jakes Gerwel-gesprekke video – Vreemde Vroue

Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting, ATKV, Penguin Random House SA en NB-Uitgewers

Bettina Wyngaard, Francois Loots en Jono Amid se meestersklas in skryf, die skep van karakters en nog meer.

Bettina se Nicci de Wee hou haar lyf speurder in Lokval, terwyl Francois Loots in sy jongste roman skryf oor Lord Somerset se vreemde dokter, James Barry. Wat is waar en waar kom ons skrywers aan hul aptyt vir vreemde vroue?

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *