Geprek Een: Die dapper joernalis – kyk hoe stap hy deur die land, In samewerking met NB-Uitgewers en Jonathan Ball
‘Daar is nie meer tyd vir praat, praat, praat en niks word gedoen nie,” het die skrywer en ondersoekende joernalis Jacques Pauw in ’n gesprek van die Jakes Gerwel Stigting (JGS) se gespreksreeks in die Kunstekaap gesê.
Luidens die Global Initiative Against Transnational Organized Crime se verslag wat in September uitgereik is, is Suid Afrika nou die land in die wêreld met die 18de meeste georganiseerde misdaad, het Pauw gesê.
“Georganiseerde misdaad is besig om ons te verswelg. En ek is bevrees as die ANC weer volgende jaar die verkiesing met ’n volstrekte meerderheid wen, gaan ons in baie groot moeilikheid wees.”
Pauw, skrywer van onder meer The President’s Keepers en Our Poisoned Land, en Pieter du Toit, joernalis en skrywer
van onder meer The Stellenbosch Mafia en The ANC Billionaires, was deelnemers aan die gesprek “Die dapper joernalis –
kyk hoe stap hy deur die land”. Die joernalis Bulelwa Payi was die gespreksleier. Sy het hulle uitgevra oor die soort samelewing waarin hulle werk en die aard van wat hulle ondersoek.
Gesprek Twee: The Outsider: Herman Mashaba In samewerking met Jonathan Ball
Die EFF is besig om ’n strategiese fout te begaan en sal nie groei nie omdat hy nie die politieke karakter van die Suid-Afrikaanse gemeenskap verstaan nie; dit is ’n gemeenskap wat insluiting bo uitsluiting verkies, het Mashele gesê.
Prof. Anthony Butler, hoogleraar in politieke filosofie aan die Universiteit van Kaapstad en skrywer van onder meer ’n biografie oor pres. Cyril Ramaphosa, het as deel van die Jakes Gerwel-stigting (JGS) se gespreksreeks met Mashele ’n onderhoud gevoer oor politieke buitestanders wat die hoofstroompolitiek betree het. Die fokus was op Herman Mashaba, sakeman en stigterleier van ActionSA, oor wie Mashele die boek The Outsider: The unauathorised biography of Herman Mashaba geskryf het.
Geprek 3: The Presidents – Leadership in the Age of Crisis, In samewerking met Penguin Random House SA
Hy sien geen redder op die horison nie. Ons sal onsself moet red, het Richard Calland in ’n gesprek op die Suidoosterfees in Kaapstad gesê.
Calland, medeskrywer saam met Mabel Sithole van die boek The Presidents – Leadership in the Age of Crisis, was
Sondag ’n deelnemer aan ’n gesprek in die Jakes Gerwel-stigting se gespreksreeks in die Kunstekaap. Hy is ook ’n politieke ontleder, rubriekskrywer en medeprofessor in publiekreg aan die Universiteit van Kaapstad.
Calland het gereageer op ’n vraag deur Zelda la Grange, gespreksleier, skrywer en oudpres.Nelson Mandela se jare lange
persoonlike assistent. Sy het aan hom en Lawson Naidoo, uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac), gevra of ons nie nou iemand soos ’n Kgalema Motlanthe nodig het om ons te lei nie.
Calland het die laaste sin van sy boek aangehaal: Suid-Afrika sal moet vooruitgaan óndanks sy politieke leierskap en presidente en nie vanweë hulle nie.