A place where stories unfold

Foto’s 2: Jakes Gerwel-gesprekke by Suidoosterfees

Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV

Dag 2

The Brave Journalist In collaboration with NB Publishers and Jonathan Ball

Jacques Pauw, Pieter du Toit and Bulelwa Payi talk corruption, capture and cadres. These notorious words would not have become part of ordinary conversation if it weren’t for the courage of our journalists. What does it take from a writer to dig up evil roots and bring into the open that which powerful government officials want to cover up at all cost? Jacques Pauw, the legendary author of books like The President’s Keepers and Our Poisoned Land, and Pieter du Toit, who wrote The ANC Billionaires, talk about the trepidations and obsecrations facing investigative journalists daily.

Bulelwa, Jacques and Pieter

Jacques, Bulelwa and Pieter

Pieter

Bulelwa and Jacques

&&&&&&&&

Lees die storie hier:


Vreemde vroue In samewerking met Penguin Random House SA en NB-Uitgewers

Bettina Wyngaard, Francois Loots en Jono Amid het eintlik ‘n meestersklas in die skep van karakters en die skryf proses aangebied. Dit was ‘n lekker gesprek.

Bettina Wyngaard se Nicci de Wee hou haar lyf speurder in Lokval, terwyl Francois Loots in sy jongste roman skryf oor Lord Somerset se vreemde dokter, James Barry. Wat is waar en waar kom ons skrywers aan hul aptyt vir vreemde vroue?

Francois

Bettina

Jonathan

Francois, Bettina en Jonathan

&&&&&&&&

“Mens leer elke dag iets nuuts. So vind ek vandag uit, by die Suidooster-gesprek met Francois Loots en Jonathan Amid, dat Jeremy Veary en sy span speurders my boeke lees en probeer uitsnuffel wie my bron in die polisie is. Ek weet nie of ek impressed of benoud moet wees nie .” Bettina Wyngaard op Facebook


Moerstaāl In samewerking met NB-Uitgewers

Loit Sōls en Veronique Jephtas het ‘n skouspel anagebied met lesings, primordial chants, klank en nog meer.

Loit skryf in Moerstaāl waaraan hy tydens die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se residensie in 2022 gewerk het, oor sy voorsate en die eerste mense aan die suidpunt van Afrika. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Veronique Jephtas, wat ook voorheen by die Stigting se skrywerhuis aan haar debuutbundel, Soe rond ommie bos, gewerk het, gesels met Loit.

Onlangs het Loit hierdie geskryf oor sy bundel.

Moerstaāl is a mother and wants what mothers want for their little ones’ holistic growth. Two poems exemplify this: “Klem-innie-kaak (pp.41-44), en “geraasie” (pp.30-32 ).

Kom ek quote yt Moerstaāl hasèlf. Hiesse excerpt yt “geraāsie” (vi Les) p.31, sesde verse:

Ek hét sy spirit, speēl saāmme-rit

doen soes Ancient Aboriginal ma doen

celebrate indivisibility

al issit meēsal doggedly

en kyk, kyk, kyk

ways om te engage

te involve

include

embrace

– vesoen –

sōnne jousèlf te veloō

Loit en sy primordial chant.

Veronique

Veronique en Loit

&&&&&&&&

“Elke jaar herinner die JG gesprekke my hoe vol siel, hoe mooi en net plein lekker Afrikaans is. 

 Soos gewoonlik, het ek elke gesprek wat ek bygewoon het geniet, maar moet bieg: as ek kon, sou ek vir dae aan Loit Sols se lippe wou hang en elke leksel kennis oor die variasies van die Taal en hoe mens jou alledaagse ervaringe in jou skryfwerk kan byvoeg, opslurp. Hy is ‘n Afrikaanse goudmyn op bene.

 Ek is ook geweldig trots op my huismaats, Stef de Koker en Zubayr Charles wie hul debut by die Suidoosterfees gemaak het.  Stef en haar man, Jamile, se tydskrif Heritage Travel was amptelik vrygestel, terwyl Zubayr se dialoog, Haram, as deel van die Stemme-projek opgevoer was.

Én, ek boek nou al my sitplek by volgende jaar se sessies! ” Theolla Langenhoven (JGF/ LitNet Kommadagga Slypskool 2020 deelnemer)

&&&&&&&&

“Ek en my sus het die Vrydagoggend met public transport getravel en ek was so hartseer toe ek besef ek gaan dit nie maak vir Betinna Wyngaard of Loit Sols se gesprekke nie! Vir Bettina het ek nie met ‘n oog gewaar by die fees agterna nie – ek wou tog so graag, al was dit net vir ‘n pic – ons is mos oor ‘n picJ, maar ek het haar gemis – ek gaan jou eendag kry, Bettina en dan gaan ons kaarte skiet laat dit wit sit!

 En nou, drumroll please!, want toe is Elob so goed vir my – ek het die hele Vrydag agtermiddag en die hele Saterdag gespend in die geselskap van niemand anders as Kham – goab (wyse man) Loit Sols!

Somtyds (hoe ironies vir ‘n skrywer), ontbreek woorde my – dit gebeur gewoonlik wanneer die oomblik byna te ongelooflik is om te vermenslik.  Ek het hom gehoor, na hom geluister, geggiggel vir sy aansteeklike giggel – en dit wat hy kwytgeraak het, kom eggo nog elke dag sedertdien in my gaga (wese)van kardinale belang vir my essensie was sy woorde: ons is mos mense van vrede, Suster – ek hou vas hieraan, Boeta Loit, vir altyd” Audrey Jantjies (JGF/NB mentorskap vir opkomende skrywers 2020 en auteur van As die katjiepiering blom).

&&&&&&&&

Loit was natuurlik die rockstar van die gesprekke met die grootste getalle fans. 🙂


Onderskrifte: JGF News

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *