Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
Die Jakes Gerwel-gesprekreeks word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.
Alle gesprekke is gratis, maar bespreek jou sitplek by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Boeke van die betrokke skrywers sal deur Wordsworth by die venue verkoop word.
Vreemde vroue
In samewerking met Penguin Random House SA en NB-Uitgewers
Met Bettina Wyngaard, Francois Loots en Jono Amid
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Bettina Wyngaard se Nicci de Wee hou haar lyf speurder in Lokval, terwyl Francois Loots in sy jongste roman skryf oor Lord Somerset se vreemde dokter, James Barry. Wat is waar en waar kom ons skrywers aan hul aptyt vir vreemde vroue?


Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (wenner van die Jan Rabie-Rapport-prys) en die misdaadromans Vuilspel, Slaafs en Jagter. Sy het in die regte aan Universiteit Stellenbosch studeer, waarna sy vir
baie jare as prokureur gewerk het. Sy woon in die Overberg

Umuzi
Hy staan met sy rug na sy opponent toe gedraai. Die pistool in sy hand is gelaai en gereed om afgevuur te word.
1816. Die Kaap de Goede Hoop. ’n Jong dokter, James Barry, stap aan wal as ’n militêre chirurg se assistent. Goewerneur Lord Charles Somerset is ná ’n paar maande só beïndruk met die briljante Barry dat hy hom as sy huisdokter aanstel.
Nie almal deel Lord Somerset se entoesiasme nie. Somerset se aide-de-camp, kaptein Josias Cloete, wil weet waarvandaan Barry kom, en James se mediese kennis – hy praat dan selfs van ’n keisersnee! – ontsenu menige plaaslike arts.
Maar selfs nie eens die talentvolste medici van die tyd sou kon weet watter geheim die enigmatiese James in hom dra nie.
François Loots se roman, gebaseer op die lewe van hierdie aangrypende historiese figuur, wys hoe diep die spore van randfigure in die geskiedenis lê.

Francois Loots is die skywer van Nagvoëls, Lente in Beijing, Die Jakkalsdans, Rooi Jan Alleman, In Sneeu Geskryf, Die Diepblou See en ‘n Spook in die huis. Hy is ook ‘n vryskut reisjoernalis, navorser en ‘n onderwyser. Hy woon en werk in Kaapstad.
Die bekroonde vryskutresensent Jono Amid is die bespreker. Hy werk voltyd met manuskripontwikkeling-, keuring en redigering in Afrikaans en Engels en as ‘n skryfkonsultant.