A place where stories unfold

Ou dae by Paulet 2019: Jeremy Vearey in gesprek oor vele tonge. een taal by Suidoosterfees 2022


Met Jeremy Vearey, Anzil Kulsen, Elvis Saal en Gerda Odendaal

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag… Jeremy Vearey se lewe het talle onvoorspelbare wendings geneem. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, heimlik politieke kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ‘n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop ‘n donker stroom…

+ posts

Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *