A place where stories unfold

Uncle-E, die variety show manager oppie damstafel

Daa was altyd ‘n variety show ommie damstafel oppie Vearey djaart innie Tiervlei innie seventies en ons niewe ennie neighbours se kinnes wassie performers, onne die management van Uncle Entertainment. Een Sarag mirrag in 1974 issit wee soe en Uncle-E snap sy duim en mirrel vinges een kee en Dennieboy trek weg mette vollende vluit vannie soundtrack van the Good, The Bad and the Ugly, complete met Clint Eastwood gunstride en nou oegies.

Uncle E snap sy vinges wee en Riekie kô by mette befokte kata uit Bruce Lee se Enter the Dragon met woooo, waaah, meeeow en al. Maa toe issit my turn en ek beginte worry en hoep dat Riekie se advise twie wieke geliere nie my gat floor nie. Djy sien, twie wieke geleide gie Uncle-E my ‘n moerse dik storie oorie twiede wêrel oolog getitel THE DIRTY DOZEN van oorie 500 blaaie wat ek moet lies en perform. En ekkitie ‘n fok die boek geliesie omdat Riekie en ek die film innie Panaroma bioscope gat watchit en hy gesêrit ek moet net vertel wat ek gesienit. En nou staan ek hie innie warme son en swiet tewyl Uncle-E ennie hele damstafel wag.

Ek asem diep in, vie my swiet van my tjat af mette kale hand en trek los. Na ‘n paa minute van Lee Marvin wat da-da-da-da-da vyv German planes afskiet mette tommy gun, Charles Bronson wat swish-swash tien Germans se kele mette Bowie ghonie afsny en Jim Brown vannie Cape Corps wattie German foxholes rush mette panga in sy linke hand en Okapi three star in sy regte hand, snap Uncle-E sy vinges. Die hele se damstafel freeze ennie dams skrik in lyn.

“Djy lieg Jeremy!” skrie Uncle E.

Ek wag virrie klap en gwarra wat moet val.

Uncle-E slat sy vuis oppie damstafel lattie dams inne slow motion innie lug spring en klap na my kant toe: “Jim Brown was nooit innie Cape Corps nie, hy is van Amerika!”

Ek sidestep sy klap soesie coach in Tigers RFC se under-sixteen side my gelee het en skiet trug: “Nooitie Uncle-E. Jim Brown is vannie Elsies en was innie Cape Corps voorat hy na Amerika toe gegatit en daa geblyrit. Daai tyd was Uncle-E nog innie Joburg.”

Uncle-E kyk vi Uncle Martie aan met vragende oë.

“Ek dink die laaitie praatie waarheit,” sny Uncle Martie en knip ’n skelm oog na my kant toe, “maa hy is vekeed oor Charles Bronson. Daai moegoe het net drie German kele afgesny.”

Soes ek nou hier sit in 2023 en THE DIRTY DOZEN van E.M Nathanson vir die eerste keer lies wil ek vir oorle Uncle Martie dankie sê dat hy my nooit exposit nie en dat Uncle-E nie hie vandag is nie, want as hy dié boek nou soos ek moet oopmaak sal hy ‘n stroke kry. Want Lee Marvin, Charles Bronson en Jim Brown wassie akteurs wat die karakters Major John Reisman, Joseph Wladislaw en Robert Jeffereson uit die boek innie movie gespeelit.

+ posts

Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *