Die Son: Oorwinning oor Wraak

“TOE sy haar oë van die kis wegneem, gewaar sy hom ’n entjie weg op ’n sandhoop staan. Sy herken hom dadelik, al het hy ’n groot donkerbril op wat amper sy hele gesig bedek.

Sy hoor skielik harde stemme en sien ant Mieta, Craig se peetma, op die rand van die oop graf sit, gereed om in te spring.
“My Craigie, jy lewe nog, ek weet dit,” weeklaag sy. “Ek kom haal jou nou uit. Hulle wil jou dood hê. Maar ek weet —”

Die antie wikkel haar los uit die hande van twee ooms wat haar probeer keer.

“Keer haar!” gil iemand.

Maar dis te laat. Debbie hoor ’n slag toe die antie op die houtkis te lande kom.

En toe sy opkyk, is hy weg.”

+ posts

Esmé Cupido is in 1972 op Clanwilliam gebore, en sy is een van vyf kinders. In haar ouers se slaapkamer was ’n houtboekrak waarin Westerns, Heinz Konsalik-romans en liefdesromans gepryk het. Esmé het haar liefde vir lees by haar pa geërf, en as laerskoolkind het sy dié boeke verslind. In standerd vyf, toe sy die eerste keer toegang tot ’n biblioteek gekry het, het Esmé jeugreekse soos Saartjie en Die uile ontdek. Esmé het op Malmesbury gematrikuleer en ’n BA en HOD aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal, waarna sy op verskeie dorpe skoolgehou het. Vandag is sy ’n onderwyser in Mitchells Plain, getroud met Malcolm en die ma van ’n 20-jarige dogter. Kortverhale en rubrieke uit haar pen het al in Kuier en Son verskyn.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *