LitNet: Erfenis-tameletjie, |UMIS !GOMSIB deur Jeffrey Hartzenberg

Dis alweer daai tyd van die jaar, die tyd wat daar rondgeval word om te wees binne-in jou eie “raampie”. Die proses waar daar op jou !NOMAS (wortel) gefokus word. Plus dit raak die tyd wanneer die Qwerty-krygers die vermetelheid het om jou goed te vra soos: “Het jy bewyse?”; “Bring jou DNA”; “Jy is te gemeng.”

Klink bogenoemde frases bekend? Wel, as jy iets kan raaksien, weet dis wat jy teëkom, veral wanneer jy met ╪NISA (trots) jouself identifiseer in jou Khoi-identiteit. Soms raak dit moegmakend wanneer jy al wat ’n “bedenklike” vraag is, moet beantwoord. Waarom tog? Het ons dan nie ’n progressiewe Grondwet nie wat in haar Handves van Menseregte twee artikels insluit, wat sê dat jy die reg het tot vryheid van denke en vryheid van assosiasie?

Soms moet jy jou ook afvra: Waarom is Erfenisdag so gemaak dat ons Khoi-mense wat almal as kleurlinge identifiseer, met opset verkleineer word? Ek kan ╪AIHO (onthou) as jong kind as ons na Iziko gegaan het op skooluitstappies, hoe ons Khoi-mense uitgebeeld is as “kaalgat barbare”. Dan wonder jy soms: Is dit waarom ons mense so TOAXA (skaamte) het en liewers verkies om ander kultuurgroepe se tradisionele klere te dra? (Ek weet dit klink verregaande, maar trauma en leegheid doen sulke dinge op jou subconscious mind.)

In erfenis het taal ook baie waarde, en ons Khoi-mense het ook daai trauma en geweld ervaar waar ons GOWAS (taal) van ons geneem is, met veral kerke wat ook ’n rol in dié aspek gespeel het. Partykeer sal ek so kyk en wonder: Sal ons weer, veral in die Wes-Kaap of Kaapkolonie, soos ons Khoi ABOXAN (-voorvaders) in die 16de, 17de en 18de eeu TSEKOROBE (daagliks) futloos KhoiKhoi !HOA (praat)? Ek was nou al in die Namakwaland en suidelike punt van die grens van die Noord-Kaap met Namibië, en glo my die mense is nog ╪NISA (trots) op hulle Nama |UMIS (-erfenis).


Jeffrey Oarasib Hotagob Hartzenberg, oftewel Oarasib© Rural Poet©, is ’n skrywer, digter, rymkletser en uitvoerende/opvoerende kunstenaar wat hom ook toespits op kinder- en jeugteater. Hy het vanjaar se Kus tot KwaNojoli-werkswinkel bygewoon.

Lees gerus die volle artikel op LitNet hier.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *