Die Son: Oorwinning oor Wraak
“TOE sy haar oë van die kis wegneem, gewaar sy hom ’n entjie weg op ’n sandhoop staan. Sy herken hom dadelik, al het hy ’n groot donkerbril op wat […]
We use cookies to optimize our website and our service.
Esmé Cupido is in 1972 op Clanwilliam gebore, en sy is een van vyf kinders. In haar ouers se slaapkamer was ’n houtboekrak waarin Westerns, Heinz Konsalik-romans en liefdesromans gepryk het. Esmé het haar liefde vir lees by haar pa geërf, en as laerskoolkind het sy dié boeke verslind. In standerd vyf, toe sy die eerste keer toegang tot ’n biblioteek gekry het, het Esmé jeugreekse soos Saartjie en Die uile ontdek. Esmé het op Malmesbury gematrikuleer en ’n BA en HOD aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal, waarna sy op verskeie dorpe skoolgehou het. Vandag is sy ’n onderwyser in Mitchells Plain, getroud met Malcolm en die ma van ’n 20-jarige dogter. Kortverhale en rubrieke uit haar pen het al in Kuier en Son verskyn.
“TOE sy haar oë van die kis wegneem, gewaar sy hom ’n entjie weg op ’n sandhoop staan. Sy herken hom dadelik, al het hy ’n groot donkerbril op wat […]
Onlangs is daar ’n beroering op kantoor oor die kortverhale wat die afgelope maand in ons tydskrif verskyn het. Die fiksie is ’n fees, was die konsensus. Dié verhale was […]
“Alles was in plek. Sy ma sou hier kom bly. Sy is mal oor Josephine en Josephine is mal oor haar, maar daar loop en val sy haarself half disnis. […]
As ek aan die Karoo dink, dan dink ek aan die oopte van die natuur, die sonsondergange, die stilte, die aardsheid van mense. Wat kan meer perfek as die Karoo […]