Toe Mevrou Notrose Nobomvu Konile op 23 April 1996 voor die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) oor die moord van haar seun Zabonke deur die polisie in die Gugulethu Sewe isident getuig was daar omtrent deur gestandardiseerde vertalers gesukkel om haar unieke Indwe lewenswêreld se sosiolek of kontrei varieteit van Xhosa te verstaan. Soveel so dat die WVK se uitsluitlik Engelse rekord pleks haar getuienis as onvertaalbaar weergee.
Maar dit is nie Mev Konile se probleem dat niemand by die WVK haar in Engels of enige ander ‘amptelik’ gestandardiseerde taalvarieteit verstaan het nie. Sy het haar getuienis verwoord en verbeeld soos dit in haar lewenswêreld se sosiolek aanvaar en verstaan word. En hiervoor is sy aan niemand ‘n verskoning verskuldig nie.
In hulle boek, ‘There was this Goat – Investigating the Truth Commission testimony of Notrose Nobomvu Konile‘, stel die skrywers Antjie Krog, Nosisi Mpolweni en Kopano Ratele, dié vraagstuk soos volg:
“How do we ‘hear’ one another in a country where the past is still so present among us? How much of what we hear can we translate into finding ways of living together? How do we overcome a divided past in such a way that ‘The Other’ becomes ‘us’?”
Later in die boek onthul die skrywers:
“As we worked together, we realised that the dominant discourse at the Truth Commission had no way of ‘hearing’ Mrs Konile. …. Her narrative defied all the elements that render narratives ‘audible’ within what we considered to be the dominant discursive framework operative at the hearings.”
Ten slotte, besef die skrywers:
“By re-examining Konile’s evidence, by considering her rural surroundings and culture and by interviewing her on her testimony and feelings about Zabonke’s death, the reader is left with a much clearer and more thorough understanding of her grief and the way she explained it to the TRC.”
Daar is steeds baie Mevrou Koniles in Suid Afrika wie se werkersklas stemme deur gestandiseerde taalworsmasjiene onteem word. Hulle bly steeds slagoffers van taalsuiwering en die tirannie van taal standardisering in die staat, die ekonomie, opvoedkunde, en die media. En uiteindelik daardeur uiteraard, misken en verontreg word in die produksie van kennis en ons gemeenskaplike geskiedenis.
Jeremy vannie Elsies
Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.
