(Goeie Vrydag-gedig)
Ek’t geweet ek moet jou laat gaan,
maar steeds is dit seer.
My seun, die pyn maak my gedaan,
hòè kan ons diè uiteinde keer?
Jou laaste dae herken hulle jou as Koning:
Palm takke onder jou donkie se pote versprei.
Vandag is jou kruisiging –
hoe kan ‘n ma haar kind bevry?
Bloed sypel oor jou engelgesig,
jou palms is deurboor,
Jou lyding is nie in sig;
hulle is reg om jou te moor.
Jou klere word geloot,
terwyl my hart pyn te Kopbeen,
Die skare juig en jubel
besef hulle nie Jy is ‘n seën?
Die donkerte kruip ook in my hart,
Aarde is in skemerte gehul.
Soos ‘n dolk in my hart,
sny jou laaste uitroep: “Vader, in U hand gee ek my lewe oor.”
Die soldaat ervaar jou heiligheid,
maar dit is te laat.
My kind, my kind: Jy,
het die aarde vir eers verlaat.
Theolla works at the University of the Western Cape, whilst studying an Honours in Women & Gender Studies part-time. Her poetry and short fiction have been featured in anthologies and magazines such as Kuier Tydskrif or IOL’s Landisa Project. She published Die Here kom sterk deur, in 2023, which received the Cape Flats Literary Award for Teenagers’ Books. She’s since received three more Cape Flats Literary Awards for her contribution to literature and for best poem for "Hou jou bek". Her debut novel, Soetroos van Saron, is soon to be published by Kwela Books. But she says her favourite story is being a mom and wife.

6 thoughts on “Trane van ‘n ma”
Well done Theolla.
Thank you JB. Has been coming a long way to get here, but it is only halfway.
I love poetry, as especially yours Ive been informed by a lady friend by the name of Sandra.
Thank you very much for your compliment. I really appreciate it.
Awesome poem Theolla.
Thank you so much, Frederika.