Ek verlaat die kamer,
neem plek in oppie troon,
laat die trane loop oor my wange
en verlaag my kroon.
>
Trane van frustrasie,
want ek bid vir hoop,
ek’t nie altyd die antwoorde,
en my oë vertel ‘n storie van wanhoop.
>
Oppie pot kalmeer ek my,
probeer my eie vrees omseil,
hoe ek my naaste gaan troos,
al is my hart broos en feil.
>
My plek om asem te skep,
te breek of selfs te verlep,
myself moed in te praat
al voel ek nie paraat.
>
Huil oor die pyn,
vir hoop wat wegkwyn,
huil oor die vreug,
want daar is ook nuus wat my verjeug.
>
My troon, my pot,
my meditasie spot,
waar ek jou ook vind,
Verlig jy my dark spot.
Theolla works at the University of the Western Cape, whilst studying an Honours in Women & Gender Studies part-time. Her poetry and short fiction have been featured in anthologies and magazines such as Kuier Tydskrif or IOL’s Landisa Project. She published Die Here kom sterk deur, in 2023, which received the Cape Flats Literary Award for Teenagers’ Books. She’s since received three more Cape Flats Literary Awards for her contribution to literature and for best poem for "Hou jou bek". Her debut novel, Soetroos van Saron, is soon to be published by Kwela Books. But she says her favourite story is being a mom and wife.
