Dis past five innie môre, die eerste drom is buite.
Stoot my 2m x 2m wit sak op four wheels nader:
soekend na treasures.
Om kousel aan my kinta te provide.
Ek sien myself as ‘n groene.
An environmentalist on grassroot level.
Krap heeldag tussen parties, funeral kosbakkies en kimbies –
vir plastic, bottels, kratte en bokse.
Maak dit met sorg en liefde skoon, vir die inweeg,
Want dis my loon.
Die Mandelas lê tussen my melkkanne en bra.
For safekeeping.
Terwyl ek met ‘n smile na die spaza shop stap
met my shopping list: ‘n brood, sakkie melk,
R5 se appels, blikke Lucky Star pilchards, pak kerse en my BB-tabak.
Dan gaan park ek my 2m X 2m virrie aand.
Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.
One thought on “#Provider”
Great Theolla