A place where stories unfold

Persverklaring: Verrykende drie-week mentorskap oor die fyn kuns van kortverhaalskryf

Die Jakes Gerwel Stigting (JGS), in medewerking met LitNet en Huisgenoot verwelkom opkomende skrywers om aansoek te doen vir die vierde jaarlikse Kommadagga Slypskool vir kortverhaalskrywers.

Die mentorskapskursus vind plaas vanaf 16 Oktober tot 5 November 2023 in die vorm van ’n residensie in Paulet Huis, die Stigting se skrywershuis wat geleë is in die sjarmante Somerset-Oos in die Oos-Kaap.

Fourie Botha, gesoute uitgewer en deesdae literêre agent, en Thabiso Mahlape, baanbrekende uitgewer eneienaar van Blackbird Books, sal die suksesvolle kandidate touwys maak oor die fyn kuns van kortverhaalskryf.

“Skrywers het almal stories. Wat skrywers nie het nie, is tyd. Min skrywers kry die geleentheid om vir ‘n week of twee of drie onverstoord te werk om hul stories op papier te kry. Dit is ‘n geskenk en ek gaan skrywers help om hierdie tyd so effektief moontlik te benut. Verskillende skrywers benodig verskillende dinge op verskillende tye: ‘n klankbord, ‘n cheerleader, ‘n ekstra paar oë. Ek wil probeer om al hierdie dinge vir hierdie paar mense te wees,” sê Fourie.  

Aansoeke vir die program moet per e-pos gestuur word aan die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, Theo Kemp, by theo@jgf.org.za teen 31 Julie 2023.

Aansoeke moet die volgende insluit:

  • ’n Kort CV van die kandidaat
  • ’n Motiveringsbrief vir die aansoek vir deelname aan die program

Die name van die vyf suksesvolle kandidate sal op 15 September 2023 bekend gemaak word waarna die program soos volg uitgerol sal word.

Die skryfprogram sluit in:

Die drie-week residensie sluit in:

  • Nasionale retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig
  • Vervoer tussen die lughawe en Somerset-Oos
  • ʼn Gerieflike, eie “kamer-met-ʼn-uitsig”
  • Die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye
  • Skoonmaakdienste
  • Die geselskap van medeskrywers
  • Onbeperkte toegang tot die Internet
  • Genoeg spasie vir skryf
  • Tyd om sonder die onderbreking van beurtkrag te ontwikkel en te skryf

Na mentorskap in Somerset-oos:

  • Huisgenoot bied aan die kandidate die geleentheid om hul kortverhale in die gedrukte tydskrif te publiseer,
  • Dit sal ook op https://www.netwerk24.com/huisgenoot/vermaak/kortverhale verskyn.
  • Huisgenoot sal die kandidate betaal vir hul stories.
  • Stories wat in Engels geskryf is, sal in Afrikaans vertaal word.
  • Skrywers moet Husigenoot se publikasieriglyne volg soos uiteengesit op die webwerf
  • Edna Ellman, Huisgenoot se Fiksie-redakteur sal die skrywers lei tot die publikasie van hul kortverhale
  • Kandidate sal ook die geleentheid kry om vir LitNet, die aanlyn literêre joernaal, te skryf.

Meer oor die mentors:

Fourie Botha het die afgelope twintig jaar in uitgewerskantore gewerk – die laaste nege as Penguin Random House se fiksieuitgewer. Onder drukname soos Umuzi het hy en sy span redakteurs die werk van menige bekende Suid-Afrikaanse skrywers uitgegee en tientalle debuutskrywers tot publikasie begelei. Sy publikasies by Penguin en Umuzi het vir agt jaar in ’n ry Suid-Afrika se belangrikste Engelse boekprys, die Sunday Times-prys, ingepalm. Hy werk in beide Afrikaans en Engels en was ook vir twee jaar deel van ’n internasionale dinkskrum van redakteurs. Hy is tans ondervoorsitter van Khula Cape, ’n stigting vir die bevordering van letterkunde, die kunste en die omgewing. Fourie is self ook ‘n digter met twee digbundels, Donkerkamer en Krap uit die see, op sy kerfstok. Sy debuutbundel is vir die Ingrid Jonker-prys benoem. Tans werk hy as agent vir ’n literêre agentskap.

Thabiso Mahlape is ‘n baanbrekende uitgewer en die eienaar van Blackbird Books. Dié uitgewery, in 2015 gestig, is die eerste uitgewery in swart besit in Suid-Afrika. Die bekendstelling van Blackbird Books het die Suid-Afrikaanse literêre landskap getransformeer en sedert 2015 het Blackbird baie moeite gedoen om baanbrekerswerk te maak en ‘n tuiste te vestig vir nuwe Afrika-narratiewe en -verhale wat die Afrika-ervaring weerspieël. Mahlape het ‘n Baccalaureusgraad in Inligtingskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Oor die vennote:

Die Jakes Gerwel Stigting bou voort op die aansienlike nalatenskap van wyle professor Jakes Gerwel wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakepersoon.

Die Stigting se doel is om Suid-Afrikaanse letterkunde in die algemeen te bevorder en uit te brei. Lees meer oor Jakes Gerwel Foundation by www.jgf.org.za.

Die Stigting is trots op hul vennootskap met LitNet en Huisgenoot

Lees meer oor die vennote:

LitNet: www.litnet.co.za

Huigenoot: www.netwerk24.com 

+ posts

Fourie Botha het die afgelope twintig jaar in uitgewerskantore gewerk – die laaste nege as Penguin Random House se fiksieuitgewer. Onder drukname soos Umuzi het hy en sy span redakteurs die werk van menige bekende Suid-Afrikaanse skrywers uitgegee en tientalle debuutskrywers tot publikasie begelei. Sy publikasies by Penguin en Umuzi het vir agt jaar in ’n ry Suid-Afrika se belangrikste Engelse boekprys, die Sunday Times-prys, ingepalm. Hy werk in beide Afrikaans en Engels en was ook vir twee jaar deel van ’n internasionale dinkskrum van redakteurs. Verder het hy die wêreld se belangrikste boekebeurse in Londen en Frankfurt bygewoon om regte te verkoop. Fourie het in die verlede op die raad van die kinderboekorganisasie IBBY gedien en hy is tans ondervoorsitter van Khula Cape, ’n stigting vir die bevordering van letterkunde, die kunste en die omgewing. Fourie is self ook 'n digter met twee digbundels, Donkerkamer en Krap uit die see, op sy kerfstok. Sy debuutbundel is vir die Ingrid Jonker-prys benoem. Tans werk hy as agent vir ’n literêre agentskap. Hy woon in Kaapstad.

+ posts

Thabiso Mahlape is a trailblazing publisher who is the owner of Blackbird Books. Blackbird Books, a globally recognised publishing house, was founded in August 2015, the first black owned publishing imprint in South Africa. The launch of Blackbird Books transformed the South African literary landscape and since 2015, Blackbird has put an immense amount of effort in pioneering and establishing a home for new African narratives and stories that reflect the African experience. Publisher/writer/speaker/businesswoman Mahlape holds a Bachelor of Information Science degree specialising in publishing from the University of Pretoria.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *