A place where stories unfold

Fourie Botha

Fourie Botha het die afgelope twintig jaar in uitgewerskantore gewerk – die laaste nege as Penguin Random House se fiksieuitgewer. Onder drukname soos Umuzi het hy en sy span redakteurs die werk van menige bekende Suid-Afrikaanse skrywers uitgegee en tientalle debuutskrywers tot publikasie begelei. Sy publikasies by Penguin en Umuzi het vir agt jaar in ’n ry Suid-Afrika se belangrikste Engelse boekprys, die Sunday Times-prys, ingepalm. Hy werk in beide Afrikaans en Engels en was ook vir twee jaar deel van ’n internasionale dinkskrum van redakteurs. Verder het hy die wêreld se belangrikste boekebeurse in Londen en Frankfurt bygewoon om regte te verkoop. Fourie het in die verlede op die raad van die kinderboekorganisasie IBBY gedien en hy is tans ondervoorsitter van Khula Cape, ’n stigting vir die bevordering van letterkunde, die kunste en die omgewing. Fourie is self ook 'n digter met twee digbundels, Donkerkamer en Krap uit die see, op sy kerfstok. Sy debuutbundel is vir die Ingrid Jonker-prys benoem. Tans werk hy as agent vir ’n literêre agentskap. Hy woon in Kaapstad.