Joernalis, bekroonde skrywer en voormalige mentor van die Jakes Gerwel Stigting en LitNet se Kommadagga slypskool, Rachelle Greeff, wen vanjaar die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys.
Die Reinet Nagtegaal-teksprys, volgens die LitNet-redaksie, is die grootste teksskryfkompetisie in Suid-Afrika. Vir haar wenteks, Grootmeisie, ontvang Greeff prysgeld van R120 000, mentorskap en ondersteuning met finale afronding van die teks, asook die moontlikheid van ’n speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2026 of 2027.
Greef, ’n voormalige wenner van die Nagtegaal-teksprys (Die naaimasjien), het beïndruk met “’n selfversekerde begrip van hoe om ’n wêreld op die verhoog te bou en te handhaaf deur die spesifisiteit van menslike verhoudings”, sê Deon Opperman van die beoordelaarspaneel.
Dianne Du Toit Albertze, verlede jaar se Reinet Nagtegaal-tekspryswenner en deelnemer aan ons 2019 NATI Jong Sterre residensie, ontvang vanjaar die derde plek vir dié prys.
Lees gerus die volle berig op LitNet hier: https://www.litnet.co.za/persverklaring-reinet-nagtegaal-teksprys-2026-wenners-bekend/?fbclid=IwY2xjawRJ9IxleHRuA2FlbQIxMQBicmlkETFGZXZuZGg1YWF1ZTg1M0Vic3J0YwZhcHBfaWQQMjIyMDM5MTc4ODIwMDg5MgABHrCLQYXSv_UxihNxtgHNoFX_20CYahS_3WDSTAfXTl8y9gXuBkvA2PMBJ-XR_aem_t-E9818Z_aMwGGMBSmYCog