Soos met jou neighbour, Courtney,
Het ons jou ook versaak.
In helder dag het hy jou gevat,
Hoekom het ons nie oor jou gewaak?
Vir dae het jou Mammie geglo jy kom terug.
Nooit het sy ophou glo –
Selfs deur haar swoeg en sug.
Tronk was nie sy rehab
Parool het hom verlei
Bloed is weer aan sy hande
‘n kindjie, jy Taznè, moes toe weer ly.
Elsies, Elsies, hoekom
Laat ons die dinge gebeur?
Nog ‘n kind, nog ‘n traan
Werk die cops nie meer?
Ons is sorry Taznè
Nie dat dit nou sal baat
Dat jy jou lewe so,
So wreed moes verlaat.
Mag jy en Courtney en ander
Ons dade sal aanwakker
Dat ons as communities
Ons gat in rat sal kry.
Dat ons skel na daad sal change.
Ons weg kyk ‘n rondom ons kyk sal raak.
Ons weer ons kinders sal laat kind.
En geeneen weer sal versaak.
Sorry Taznè.
Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.
One thought on “Sorry Taznè”
Many of our stories are heartbreaking. Other stories of coming from our communities
are motivational. The blood of our children on the streets are calling us respond. Thanks to everyone who are taking up the challenge. Thank you Theolla.