Die danger was toe in die huis

Mammie, jou warnings was verkeerd.

Jy het gese ek moenie lekker vat by strangers,

Ek moenie in vreemde karre klim nie,

Ek moet nie met enigeen praat of loop nie.

Maar Mammie, die danger was in die huis.

Dit was toe nie stranger danger nie.

Die danger was bloed.

Dit was familie.

Dit was gelink aan my. Aan jou.

Uncle was altyd nice met my, voor ander mense.

Sweets het hy my gegee – my favourites,

Hy het my lift gegee,

Hy het gelikes om met my te praat en saam huiswinkel toe te stap.

Ek het hom getrust.

Hy was my Uncle.

Wanneer julle getiep het, het hy by my kom inkruip.

Eers net oor my koekie gevryf.

Dit was ongemaklik, maar nie seer.

Dit was ons secret.

Ouma vra hy moet na my kyk, sy gaan kerk toe.

Mammie vra hy moet babysit, want dis weer overtime.

My private parts is nie meer private nie.

Sy vingers het dit begin ken.

Vandag was dit sy private part.

Dit was baie seer.

Ek het gehuil, maar niemand het gehoor nie.

Ek wou skree, maar hy gaan my dood maak, se hy.

Ek het ophou fight, want dit help nie.

Mammie ek bloei.

Ek kan nie loop nie, dit pyn.

Gaan jy my skel oor ek vuil is?

En die bed?

Hy het afgeklim en sy broek opgezip.

Hy het homself nie eens skoongemaak nie.

Net die nat waslap vir my gegooi om myself af te vee.

Daai smile sal ek nooit vergeet nie.

Ek is seer.Mammie, ek het hom getrust.

Hy is my Uncle.

Theolla Langenhoven profile pic
Website |  + posts

Theolla works at the University of the Western Cape, whilst studying an Honours in Women & Gender Studies part-time. Her poetry and short fiction have been featured in anthologies and magazines such as Kuier Tydskrif or IOL’s Landisa Project. She published Die Here kom sterk deur, in 2023, which received the Cape Flats Literary Award for Teenagers’ Books. She’s since received three more Cape Flats Literary Awards for her contribution to literature and for best poem for "Hou jou bek". Her debut novel, Soetroos van Saron, is soon to be published by Kwela Books. But she says her favourite story is being a mom and wife.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Die danger was toe in die huis”