Mammie, jou warnings was verkeerd.
Jy het gese ek moenie lekker vat by strangers,
Ek moenie in vreemde karre klim nie,
Ek moet nie met enigeen praat of loop nie.
Maar Mammie, die danger was in die huis.
Dit was toe nie stranger danger nie.
Die danger was bloed.
Dit was familie.
Dit was gelink aan my. Aan jou.
Uncle was altyd nice met my, voor ander mense.
Sweets het hy my gegee – my favourites,
Hy het my lift gegee,
Hy het gelikes om met my te praat en saam huiswinkel toe te stap.
Ek het hom getrust.
Hy was my Uncle.
Wanneer julle getiep het, het hy by my kom inkruip.
Eers net oor my koekie gevryf.
Dit was ongemaklik, maar nie seer.
Dit was ons secret.
Ouma vra hy moet na my kyk, sy gaan kerk toe.
Mammie vra hy moet babysit, want dis weer overtime.
My private parts is nie meer private nie.
Sy vingers het dit begin ken.
Vandag was dit sy private part.
Dit was baie seer.
Ek het gehuil, maar niemand het gehoor nie.
Ek wou skree, maar hy gaan my dood maak, se hy.
Ek het ophou fight, want dit help nie.
Mammie ek bloei.
Ek kan nie loop nie, dit pyn.
Gaan jy my skel oor ek vuil is?
En die bed?
Hy het afgeklim en sy broek opgezip.
Hy het homself nie eens skoongemaak nie.
Net die nat waslap vir my gegooi om myself af te vee.
Daai smile sal ek nooit vergeet nie.
Ek is seer.Mammie, ek het hom getrust.
Hy is my Uncle.
Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.