A place where stories unfold

Vergete Emosies

Lorna en Eugene van Eyck pak die laaste goedjies vir hul reis met ‘n ligte gemoed voor hulle afskeid neem van hul kinders en haar ma.  “Dankie Ma.  Dit beteken baie vir ons dat Ma bereid is om hierdie woelwaters op te pas”, sê Lorna met ‘n glimlag wat van dankbaarheid spreek. “Ja toe, geniet julle net mekaar en vergeet van ons, al is dit net vir ‘n paar dae”, antwoord haar ma, terwyl sy hulle elkeen ‘n drukkie gee.  Hulle druk vir oulaas die kinders voor hulle in die motor klim en wegry, met ‘n laaste terugblik in die spieël.

Met sagte musiek in die agtergrond, neem hulle die N1 in die rigting van Worcester, terwyl Lorna Eugene se kop vryf.  “Wanneer laas was daar so ‘n gemoedelikheid tussen hulle?”, dink Eugene terwyl hy bestuur.  “Lief, sien jy ook uit na die naweek, soos ek?”, vra hy aan sy vrou van tien jaar.  Die naweek vier hulle hul huweliksherdenking  en het hulle besluit om dit by Slanghoekvillas in Rawsonville te vier.  As hoofspeurder van die Kaapse Metropool, kry Eugene min geleenthede om weg van die huis te wees en het besluit om uitsondering te maak vir sy herdenking, want weens sy verantwoordelikhede by die werk het hy sy vrou die afgelope jaar baie afgeskeep.  Die toename in moord in die middestad en veral die omliggende voorstedelike gebiede, het ‘n groot las op elke polisie-beampte geplaas. En die nuwe vlaag winkelsentrum rooftogte dra net by tot die slapelose nagte.

Lorna kyk uit by die venster en verlustig haar in die musiek wat strelende note oor haar liggaam versprei, voor sy met ‘n luiheid in haar stem antwoord:”Ek het lank gewag vir hierdie oomblik, wat net ek en jy gaan deurbring en ek moet eerlik wees, ek het nie gedink dat dit wel gaan gebeur nie, my man.  Ek wou nie uitsien na iets wat moontlik nie gaan gebeur nie”.  Alhoewel sy soos gewoonlik eerlik is met haar man, weet hy dat sy dit nie sê om hom doelbewus seer te maak nie.  Sy is die een persoon wat sy werk en die meegaande bagasie verstaan.  Sy self is in die Polisie, maar in ‘n administratiewe pos.  Haar vader was self in die polisie dus het sy grootgeword met ‘n pa wat nie altyd daar kon wees nie, maar wie sy lewe sou opoffer vir sy kinders.

“Ja, ek self was bang dat die sentrum rooftogte veel erger sou word en ons dus die naweek moes kanselleer.  Gelukkig het kaptein Perold ingestem dat ek die tydjie af nodig het om my kop skoon te kry, voor die Desember-vakansie.  Ons verwag ‘n toename in alle vorme van  misdaad-aktiwiteite en sal dus buiten ons gewone skofte, op bystand ook moet wees.  Die ouens raak deesdae meer waaghalsig en stuit nie eens meer vir die polisie nie”, gesels man en vrou rustig verder, sonder ‘n kind wat hulle tydig of ontydig onderbreuk, soos gewoonlik maar die geval by die huis is.

Met hul aankoms by die Slanghoekvillas, verkyk hulle hul eers aan die uitsig oor Rawsonville, Goudini Spa en die omliggende plase, voor hulle hul bagasie uitpak en hul villa binne-gaan.  Wat die villas uniek maak, is die privaatheid wat elk het en dat jy slegs jou klere en kos hoef saam te bring vir ‘n onvergeetlike tydjie in die natuur en natuurlik, toegang tot die welbekende warmwaterbronne van Goudini Spa.

Terwyl Eugene nogsteeds geselsend, ‘n vuurtjie op die patio aansteek, is Lorna besig om ‘n griekse slaai aanmekaar te slaan. Dit voel vreemd om sonder die kinders, Ruth en Evodeah, te wees.  Eugene stap die oopplan sitkamer en kombuis binne en verkyk hom ‘n oomblik aan sy vrou.  Onder die kombuislig lyk sy so sag vanaand, so ekstra vroulik, so…. nimlik.  Asof meegevoer deur hierdie nimlike verskynsel wat onbewustelik is van sy gedagtes, stap hy nader en trek haar in sy arms.  Hy lig haar kop op en staar lank na haar, voor hy saggies aan haar gesig raak en haar wang vryf.  Sy skielike aanraking, maak haar skielik skaam en sy sak haar kop, nie seker hoe om die gevoel wat binne haar opwel, te hanteer nie. Hy trek haar nader en lig weer haar kop, hou haar ken in sy palm en saggies, veerlig plant hy soentjies op haar sagte en warm lippe.  Haar lippe gaan stadig oop onder sy soene en dit maak spasie vir sy soekende tong wat sluierend in haar mond speel. ‘n Skielike windjie wat ‘n stoel op die patio lig, laat hulle onwillend van mekaar beweeg.  “Laat ek die vleisie klaar braai.  Hou jou gereed vir later, want dan gaan g’n wind of enigiets anders my keer om intiem met my vrou te verkeer nie”, antwoord Eugene saggies  in haar oor voor hy na buite keer.

Lorna is so verbysterd en betower deur die skielike ‘oomblik’ wat sy en haar man nou net ervaar het, dat sy vir ‘n oomblik aan die kombuis toonbank moet vashou om haar balans te hou, voor sy die slaai klaar voorberei.  Wanneer laas het hulle so gesoen?  Wanneer laas het sy soos ‘n verliefde bakvissie gevoel na ‘n soen?  Wanneer laas het sy so uitgesien na ‘n tydjie van romanse met haar manlief? Net die gedagte daaraan laat haar bloos.  Sy sny die broodrolletjies, plaas dit op ‘n bord en neem dit saam met die slaai, borde en eetgerei na buite, waar Eugene die vleis van die vuur lig. Terwyl hulle eet en ‘n rooiwyn geniet, rus daar ‘n vreedsaamheid oor hulle, wat saamsmelt met die omliggende natuur, dit wil voorkom asof selfs die kleine diertjies tot ruste gekom het.  Selfs die niksseggende geselsies tussen hulle, is gevul met ‘n lighartigheid en die skugter kykies tussen hulle is gelaai met soveel emosie, dat te veel woorde oorbodig sou wees.   Nadat Lorna die vuil skottelgoed in die opwasbak gepak het, besluit hulle om na die binnenshuise warmwaterbron te stap en bietjie lafenis te soek.

Terwyl hulle afstap, verkyk hulle hul aan die liggies doer in die verte en kan nie glo dat hulle nie vir een oomblik oor die kinders gesels het nie.  Gewoonlik is dít en werk al waaroor hulle eintlik gesels.  En die nuus natuurlik.  Daar aangekom stap beide na die kleedkamers en toe Lorna uitkom, sit en verkyk Eugene hom weereens aan sy vrou.  Lorna was nog nooit maer nie, maar haar figuur het hom nogsteeds aangetrek na hom toe.  Soos sy nou aangestap kom na hom en besig is om haar japon uit te trek, terwyl daar  niemand anders is nie, is sy die mooiste vrou en hy die trotste man wat leef.  Onbewus van sy gedagtes, klim sy in die water en skok bietjie vir die hitte, terwyl sy saggies vir haarself lag.  Sy swem in sy rigting en toe hy inklim en nader swem, swem sy weg in ‘n heeltemal ander rigting.  Speel-speel swem hulle, tot hy haar inhaal en haar nader trek.  Sy skielike hitte teenaan haar laat haar wange weer rooi opvlam en dit laat Eugene laggend sy kop agteroor gooi.  “Na tienjaar van getroude lewe, raak my vrou nogsteeds skaam wanneer ek skielik aan haar raak”, sê Eugene, terwyl hy haar nog nader trek totdat hy sien hoe haar wange nog rooier verkleur; as dit moontlik is, toe sy voel hoe hard sy manlikheid teen haar boude voel.

Saggies soen hy haar en lank staan hulle in mekaar se omhelsing, emosies te veel en te oorweldigend vir hulle om te beweeg.  Voor hulle na die rand van die bad swem, sê Lorna skor aan haar man:“Kom ons gaan terug en maak liefde, soos tienjaar van saamwees verdien”.  Hierdie uitnodiging is presies wat hy wou hoor en sonder om weer hul klere aan te trek en slegs hulle japonne oor hulle te gooi, stap hulle hande ineengevou, terug na hul villa, so vinnig soos wat die opdraende hulle toelaat.

Toe hulle hul villa bereik, is daar net genoeg tyd om die deur te sluit, voor Eugene Lorna aan die hand neem en haar na die hoofslaapkamer lei en die lig aanskakel  en haar na die bed begelei. Sonder dat sy geweet het, het hy voor hulle na die swembad gestap het, geel roosblare op hul bed uitgestrooi; haar gunsteling. Hy lê haar tussen die blare neer en begin haar japon uittrek en sien hoe die hoendervel plek inneem.  “Sy vrou sal seker altyd gou koud kry”, dink hy by himself…  Sy staan doodstil en wag dat hy leiding neem. Soentjies word een vir een op haar gesig geplant, van haar voorkop tot by haar ken.  Dan beweeg hy na haar nek, haar sensitiewe area.  Hy hou van die liefdevolle blik wat in haar oë is, dink hy terwyl sy arms haar liggaam begin verken.  Sjoe, hoe geniet hy dit nie om weer aan sy vrou te vat nie! 

Sy beweeg saggies onder sy soene en aanraking en kan voel hoe dit eers ‘n rustige gevoel in haar aanwakker voor ‘n meer sensuele gevoel wakker gemaak word.  Toe hy soentjies oor haar nou naakte borste vee, begin sy liggies aan hom vas te hou, want haar kop begin duiselig voel van die amper vergete emosies wat hul passie in haar aanwakker.  Skielik ruk sy onder sy aanraking, soos sy arm oor haar bobene beweeg.  “Lief, jy maak nou ou gevoelens wakker, wat ek nie weet hoe ek dit gaan hanteer as dit eers uit is nie”, verduidelik sy haar bewegings, terwyl sy hom nou begin soen.  Vol op sy mond, met meer mening as wat hy gedoen het. 

Dit laat hom innerlik juig, want hy was nie seker hoe sy vrou sou reageer op sy verlange na haar nie.  Stadig trek hy haar nader en lig haar effens hoër terwyl hy haar baaibroekie stadig uittrek.  Haar hande begin nou self oor sy liggaam vryf en so help sy ook om hom uit sy swembroekie te kry.  Alles, terwyl hulle nie ophou om mekaar met soene te oorlaai nie.  Dis asof hulle nie genoeg van mekaar kan kry nie.  Hy lê haar weer neer en kyk vir ‘n ruk na haar terwyl sy naak voor hom lê.  Nie net om haar te bewonder nie, maar ook om sy gevoelens ‘n bietjie te beheer.  Hy wil nie foute maak nie en wil hê dit moet spesiaal vir haar wees.  Soos die eerste keer.

Wanneer hy weer in beheer van sy emosies is, maak hy haar bene oop en beweeg stadig bo-oor haar.  “Ek kan nie genoeg van jou kry nie, my lief.  Ek kan nie ophou na jou kyk en jou bewonder nie.  Jy is selfs mooier as die dag toe ons getrou het”, sê hy saggies, terwyl hy saggies oor haar vroulike dele vryf en wanneer hy die bekende warmte van haar voel, weet hy dat hy hom nie meer sal kan beheer nie.  Stadig en saggies laat hy sy manlikheid oorneem en raak hulle een met die natuur, soos bestem was jare gelede.    

Alles voel vir Lorna so asof sy buite haar eie liggaam staan en afkyk op ‘n half vergete toneel: kan sy nie ontken dat dit die wonderlikste gevoel is om haar man se hardheid hier binne haar te voel nie.  Natuurlik buig haar rug agteroor, terwyl hy haar vashou en sy soene op haar neerdaal.  Dit voel asof sy nie genoeg van haar man kan kry nie.  Eers beweeg hulle stadig en ritmies, maar soos hul emosies en gedrang vir mekaar versterk, vermeerder hul spoed en wanneer hulle klimaks bereik, voel dit asof hulle koppe wil bars van geluk en tevredenheid. Na alles gaan lê hulle langs mekaar. 

Uitgeput. Gelukkig. Soos jong verliefdes wat die eerste keer mekaar se dieptes ervaar het, maar met meer ervaring regmatigheid aan mekaar laat geskied het.  Vir die res van die nag het hulle uiting gegee aan hul liefde vir mekaar en genot geput uit mekaar.   “Gelukkige huweliksherdenking, my vrou”, sê Eugene, voor hulle uitgeput net voor sonsopkoms aan die slaap raak.

Website | + posts

Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *