“Iets van daardie klas by die nasorg wat in my kop vassteek is: wanneer jy jou arms voor jou uitsteek, van voor na agter swaai in ‘n sirkelvorm – vorm daai sirkel jou privaatheid. Dis die deel waaroor jy besluit vir wie jy wil inlaat. Of dit vir ‘n drukkie of ‘n soentjie is of selfs wanneer iemand net nader aan jou wil staan, jy het die reg om “nee” te sê. Dis jou spasie en
niemand mag dit oortree nie.”
“Onthou, ons mag maar “NEE!” sê. En Nee is nee.”
Lees verder hier:
Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.