A place where stories unfold

LitNet-onderhoud: Diano October, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Diano October is vanjaar saam met vier ander belowende jong dramaturge gekies vir deelname aan die NATi Jong Sterre-projek-2024. Onder leiding van Lee-Ann van Rooi en Rafiek Mammon het hulle aan hul teskte gewerk wat in 2025 as professionele teaterproduksies by die Suidoosterfees sal debuteer.

In Mei het Diano October ook aansoek gedoen vir Artscape se New Voices-program, waarvoor hy aanvaar is. Artscape se New Voices-program fokus op die opvoering van nuwe werk deur gevestigde en debuutskrywers in teater en die uitvoerende kunste. Hulle missie is om “nuwe stemme” ten toon te stel wat iets oorspronkliks, innoverend en vars tot die teaterlandskap toevoeg. As deel van die program is sy toneelstuk Bella van’ie bôl op 18 Oktober 2024 aan ’n gehoor voorgelees.

Diano October

Hier onder volg ’n onderhoud tussen Izak de Vries (LitNet) en Diano October oor sy ervaring tydens die NATi Jong Sterre-program, die skryf van sy toneel Bella van’ie bôl en die voorlesing daarvan tydens Artscape se New Voices-program:

Diano, Bella van’ie bôl gaan oor ’n meisie uit die platteland wat droom oor die stad. Is dit ’n soort Aspoestertjie-verhaal, of dalk juis nie?

Glad nie.

Wat wil jy laat glip?

Dat mense hulle agency elke dag gebruik, (on)bewustelik, opsetlik of nie. Ongeag hoe jy dit gebruik, daar is altyd nagevolge.

Lees hier verder:

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *