A place where stories unfold

LitNet-onderhoud: Nelandi Boshoff, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Nelandi Boshoff is vanjaar saam met vier ander belowende jong dramaturge gekies vir deelname aan die NATi Jong Sterre-projek-2024. Onder leiding van Lee-Ann van Rooi en Rafiek Mammon het hulle aan hul teskte gewerk wat in 2025 as professionele teaterproduksies by die Suidoosterfees sal debuteer.

In Mei het Nelandi Boshoff ook aansoek gedoen vir Artscape se New Voices-program, waarvoor sy aanvaar is. . Artscape se New Voices-program fokus op die opvoering van nuwe werk deur gevestigde en debuutskrywers in teater en die uitvoerende kunste. Hulle missie is om “nuwe stemme” ten toon te stel wat iets oorspronkliks, innoverend en vars tot die teaterlandskap toevoeg. As deel van die program is haar toneelstuk Hoek, lyn en sinker op 18 Oktober 2024 aan ’n gehoor voorgelees.

Hier onder volg ’n onderhoud tussen Izak de Vries (LitNet) en Nelandi Boshoff oor haar ervaring tydens die NATi Jong Sterre-program, die skryf van haar toneel Hoek, lyn en sinker en die voorlesing daarvan tydens Artscape se New Voices program:

Nelandi, Hoek, lyn en sinker is ’n kabaret wat handel oor ’n jong mens wat grootword en vrae vra oor haar geloof. Wat anders wil jy laat uitglip?

Ek sou sê dis juis ’n jong mens wat grootword sonder om ooit die nodige vrae te vra. Sy’t juis dit alles op haarself geneem en net besluit daar is iets fout met haar. En daarom gaan sit sy vas in ’n tipe van skaamte en skuld wat haar op die ou einde oorval. Maar die skaamte en skuld is meer teenoor haar ma as haar God, want die vrou het haar hele lewe toegewy aan die kind en haar boonop op die hande gedra. Sy is immers God se wonderwerk. Haar ma, saam met haar pa, het gesorg dat sy alles het wat sy ooit kon nodig hê. Tog sit die kind met ’n verskriklike minderwaardigheidskompleks en sy sukkel met nagmerries. En hoekom? Hoekom is daar ’n diep gevestigde onrustigheid binne haar? Dit is wat die gehoor saam met Marijke tydens die show gaan wil vaspen.

Lees hier verder:

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *