Dit is met trots dat ons die nuus deel dat Theo Kemp, gesoute skrywer en die Jakes Gerwel Stigting se uitvoerende direkteur, gekies is vir die Château de Lavigny-skrywersresidensie in Switserland later vanjaar.
Theo, wie onlangs sy roman Klein konings by Protea Boekhuis gepubliseer het, ontvang ondersteuning van die Nasionale Kunsteraad (NAC) vir sy nuutste projek. Hy sal hieraan kan skryf terwyl hy die Lavigny kasteel met skrywers van regoor die wêreld deel.
Die maand-lange skrywersresidensie in die dorp Lavigny, geleë in die Morges-distrik in die weste van Switserland, was al bygewoon deur Suid-Afrikaanse skrywers soos Rrekgetsi Chimeloane, Antjie Krog, E.K.M. Dido, Henrietta Rose-Innes, Dawn Garisch, Tom Dreyer, Rachelle Greeff, Zubeida Jaffer, Thembelani Ngenelwa, Anton Krueger en Sindiwe Magona.
Baie geluk met die residensie, Theo! Ons is saam met jou opgewonde daarvoor.