Hoeko

Hoeko
Protesgedig

Hoeko is Santino die slagoffer:
net ’n kleine kind,
Hoeko was hy nie gevind?
Hoeko het sy skree op niemand se oor geval?
Hoeko was sy pyn nie verlig?
Hoeko so wreed weggeneem?
Hoeko sy laaste asem neem?
Hoeko speel jy judge oor sy lewe
en execute hom?
Hoeko is ons nie daar vir ons kinders,
as gemeenskap?
Hoeko gebeur dit keer op keer?
Hoe gaan ons dit keer,
voor dit weer gebeur?

Website |  + posts

Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *