Jane Mpholo, Stephren Saayman, Melissa Myburgh, Heloine Armstrong en Henque Heymans was die uitverkore teatermakers wat vir drie weke in Somerset-Oos gaan skryf het, met die befaamde Abduragman Adams as mentor. Hulle produksies is volgende jaar op die Suidoosterfees-planke te sien. Hierdie projek word aangebied deur verskeie vennote wat hande neem – Jakes Gerwel Stigting, Suidoosterfees, Artscape en NATi.