A place where stories unfold

Lucky Star pilchards

Is Krismis innie strate

sonne Boney M

voel die huis verlate

niks kersboom

vir osse nasate

of tong, gammon,

of hemp ironed in nate.

Maar.  

Daar is Lucky Star pilchards

met rys en atappel

en skoon gordyne

Huis gespringclean

niks gift

gelabel as myne.

Daar is Lucky Star pilchards

en jellie en custard

vir poeding

Ietsie soet of

Issit versoening?

Maar daar is Lucky Star pilchards,

dis ons Kers ‘ding’.

Website | + posts

Theolla Langenhoven (1982) werk tans by die Universiteit van Wes-Kaapland na jare in die staatsdiens. Sy wil haar skryfwerk gebruik om haar gemeenskapswerk, haar liefde vir administrasie en haar kennis van sielkunde en kriminologie te kombineer en lig te werp op die maatskaplike kwessies wat gemeenskappe in die gesig staar. Van haar kortverhale en artikels is in Kuier gepubliseer. Haar gedigte het in die Lekka Poems-bloemlesing verskyn en in 2023 het sy ’n gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, gepubliseer. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2020 te kon deelneem aan die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers. In 2023 het sy ’n AfriCAN Honoree Authors’ Award ontvang.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *