Land steeds onderdruk (2)

Level drie is aangekondig deur President Cyril Ramaphosa.

 Dit het vele deure oopgemaak.

Cyril het nou Suid-Afrikaners in sy sak.

*

Werkers keer terug na hulle werksplekke.

Families mag vir hulle geliefdes in die outehuis gaan, maar hulle moet steeds 1.5 meter weg van mekaar af wees.

*

Drankwinkels was onder Covid-19 se voete uitgeruk.

Dit het vele Suid-Afrikaners van hulle depressie laat vergeet.

Maar dit was nog nie eers ñ week oop nie

toe skiet mishandeling die hoogte in.

*

Skole se sleutels is deur Minister Angie Motshekga se ruimtetuig vir graad twaalf’s en -sewe’s gaan haal.

Almal moet steeds hulle tweede mond daagliks dra om boetes te verhoed.

*

Leerders en onderwysers wens dat level vyf weer moet aanbreek.

Die tweede maande in die huis het luiheid en gemak veroorsaak.

*

Minister Nkokasana Dlamini-Zuma het sigarette verbied.

Dit het veroorsaak dat rokers van hulle koppe af raak, maar ons as Suid-Afrikaners het áltyd ñ plan B…

Ons plant ons eie twak!

*

Covid-19 is steeds op vrye voet.

Wetenskaplikes en dokters het vermisde plakkate van hom na die polisiestasie gestuur.

Hierdie virus móét agter geslote deure gegooi word.

*

Meer mense baklei teen Covid-19 en herstel.

Maar hy besmet steeds meer en meer en meer…

*

Saam-saam gaan ons uitkyk vir Covid-19 en hom almal vasgryp.

Elke Suid-Afrikaner moet ñ hand leen om hierdie virus agter tralies te gooi en na ñ ander heelal toe te stuur.

+ posts

“Skryf is die masjien wat my aan die lewe hou,” sê Daylen Tobias, ’n negentienjarige inwoner van Gansbaai. “My passie vir skryf het reeds in my kinderjare begin toe ek oor my vakansies moes skryf.”
Daylen is tans besig om Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan te durf met die oog daarop om tydens vanjaar se eindeksamen beter punte daarin te behaal. Vir ontspanning skryf sy kortverhale en gedigte. Die tydskrif Kuier het al van Daylen se kortverhale gepubliseer. “Ek is ook fanaties lief vir speurverhale, jeugromans en grillerige stories wat jou hare laat rys! Skrywers neem jou op reis en die wêreld bestaan nie meer as jy ontvlug in fiksie nie.” Sy beskryf haar reaksie op die e-pos oor haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool so: “Toe ek sien daar is ’n boodskap van Theo Kemp af, het my hart kliphard teen my ribbes gestamp. My oë het lank na die email gestaar; ek was té onseker om dit oop te maak.” Maar toe sy uiteindelik die moed bymekaarskraap om die boodskap te lees, was haar vriend Jakob daar om die vreugde te deel: “Ek kon nie help om kliphard te skree en op te spring nie. Jakob het ook ingeval, alhoewel hy nie geweet het wat aangaan nie. Ek moes twee keer seker maak ek is nie in droomland nie. En nou sit ek met onnodig stompgekoude naels.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *