A place where stories unfold

Hartslied

Hartslied

Die koel lug omvou my soos ’n kombers.
Verlangs hoor ek die insekte krie-krie.
Die see sing terwyl die getyg styg.
’n Uil voeg sy koer-koer by die lied.

Die wind is die bome se dansafrigter.
Rocky se geblaf bring eenheid.
Die gras weier om agter te bly.
Miere storm na die partytjie vir soetgoed.

Die sterre flikker soos verkeersligte.
Wolke vorm verskillende danspassies.
Die son wens hy het nooit weggegaan nie.

’n Doodse stilte omvou Moeder Aarde…

Ek maak my oë oop en kyk na die maan.
Die lied bring meer helderheid aan hom.
Muskiete jaag my weg, maar ek WEIER.
Dié donker voorsien lig in my lewe.

+ posts

“Skryf is die masjien wat my aan die lewe hou,” sê Daylen Tobias, ’n negentienjarige inwoner van Gansbaai. “My passie vir skryf het reeds in my kinderjare begin toe ek oor my vakansies moes skryf.”
Daylen is tans besig om Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan te durf met die oog daarop om tydens vanjaar se eindeksamen beter punte daarin te behaal. Vir ontspanning skryf sy kortverhale en gedigte. Die tydskrif Kuier het al van Daylen se kortverhale gepubliseer. “Ek is ook fanaties lief vir speurverhale, jeugromans en grillerige stories wat jou hare laat rys! Skrywers neem jou op reis en die wêreld bestaan nie meer as jy ontvlug in fiksie nie.” Sy beskryf haar reaksie op die e-pos oor haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool so: “Toe ek sien daar is ’n boodskap van Theo Kemp af, het my hart kliphard teen my ribbes gestamp. My oë het lank na die email gestaar; ek was té onseker om dit oop te maak.” Maar toe sy uiteindelik die moed bymekaarskraap om die boodskap te lees, was haar vriend Jakob daar om die vreugde te deel: “Ek kon nie help om kliphard te skree en op te spring nie. Jakob het ook ingeval, alhoewel hy nie geweet het wat aangaan nie. Ek moes twee keer seker maak ek is nie in droomland nie. En nou sit ek met onnodig stompgekoude naels.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *