A place where stories unfold

Daylen Tobias

“Skryf is die masjien wat my aan die lewe hou,” sê Daylen Tobias, ’n negentienjarige inwoner van Gansbaai. “My passie vir skryf het reeds in my kinderjare begin toe ek oor my vakansies moes skryf.”
Daylen is tans besig om Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan te durf met die oog daarop om tydens vanjaar se eindeksamen beter punte daarin te behaal. Vir ontspanning skryf sy kortverhale en gedigte. Die tydskrif Kuier het al van Daylen se kortverhale gepubliseer. “Ek is ook fanaties lief vir speurverhale, jeugromans en grillerige stories wat jou hare laat rys! Skrywers neem jou op reis en die wêreld bestaan nie meer as jy ontvlug in fiksie nie.” Sy beskryf haar reaksie op die e-pos oor haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool so: “Toe ek sien daar is ’n boodskap van Theo Kemp af, het my hart kliphard teen my ribbes gestamp. My oë het lank na die email gestaar; ek was té onseker om dit oop te maak.” Maar toe sy uiteindelik die moed bymekaarskraap om die boodskap te lees, was haar vriend Jakob daar om die vreugde te deel: “Ek kon nie help om kliphard te skree en op te spring nie. Jakob het ook ingeval, alhoewel hy nie geweet het wat aangaan nie. Ek moes twee keer seker maak ek is nie in droomland nie. En nou sit ek met onnodig stompgekoude naels.”

jy’t my nie gekies nie

in helium, waterstof en ander gasse het jy verander en my agter gelaat tussen Polaris, Rigel en Vega dans jy met God * hoekom wil jy só ‘n fantasie wêreld […]

Land steeds onderdruk 2 (3de een)

Covid-19 bewaar Moeder Aarde met sy onbenullighede. 2020 is amper verby, maar hy kuier steeds. Hy steel ons vryheid en kommunikasiedrade. Hierdie Desembervakansie word tot ñ einde gebring. * Oom […]

Land steeds onderdruk (2)

Level drie is aangekondig deur President Cyril Ramaphosa.  Dit het vele deure oopgemaak. Cyril het nou Suid-Afrikaners in sy sak. * Werkers keer terug na hulle werksplekke. Families mag vir […]

Land onderdruk

Die een oomblik lewe almal vrylik. 2020 was hulle jaar! Met ñ oogknip word ons lewens deur Covid-19 beheer. * Jy word verhoed om sonlig op te vang. Kommunikasiedrade word […]

Kos

Ek en kos is soos Romeo en Juliet, soos hing en hang en soos ‘n prins met sy prinses wat vir ewig gelukkig saam woon. Selfs ‘n leesboek kan ons […]

Gevangene

Ek staar na die grys muur deur die pikswart diefwering. Bloedmerke stel hulself voor. Die vrou met die rooi hemp is gedurig by. Dan is daar die mes, pistool, die […]

Hartslied

Die koel lug omvou my soos ’n kombers. Verlangs hoor ek die insekte krie-krie.

06 April 2022

Dis die dag toe jy verdwyn / op my mind sal jy bly