Covid-19 bewaar Moeder Aarde met sy onbenullighede.
2020 is amper verby, maar hy kuier steeds.
Hy steel ons vryheid en kommunikasiedrade.
Hierdie Desembervakansie word tot ñ einde gebring.
*
Oom Cyril doen alles in sy vermoë om Covid-19 te veg,
maar Suid-Afrika weier om sy soldate te wees.
Eers was dit Nelson Mandela Baai wat gesluit word.
En toe Sarah Baartman en Garden Route Distrik.
*
Sommige strande se sleutels dwaal in die ruimte.
Mense voel hulle brood en botter word weggeneem,
dus weier hulle om weg te bly.
Die polisie het hulle hande vol.
*
Een vir een sterf geliefdes regoor die wêreld.
Covid-19 maak ñ draai by elke deur.
Hy kuier gereeld by tieners tussen die ouderdom van 15-19,
waarvan meeste dames is.
*
Wetenskaplikes het uiteindelik ñ vaksines ontwerp.
Maar dit red nie elke siel nie.
Boonop het Covid-19 die gym besoek en sterker geword.
Hy steel elke dag meer as 1000 lewens.
*
Suid-Afrika roep na God,
maar dis asof Hy die oproep vermy.
Sommige het opgehou om na Hom te roep,
maar die ander hou steeds moed.
*
Die reëls wat oom Cyril voorlê,
is om ons lewens te red.
Dit is nie om ons geluk te steel nie,
maar wel om ons die hartseer te spaar.
*
Covid-19 se moord is nie ver nie,
maar dit gaan elkeen in Suid-Afrika neem
om hierdie moord te pleeg.
Saam-saam kan ons sy begrafnis hou.
“Skryf is die masjien wat my aan die lewe hou,” sê Daylen Tobias, ’n negentienjarige inwoner van Gansbaai. “My passie vir skryf het reeds in my kinderjare begin toe ek oor my vakansies moes skryf.”
Daylen is tans besig om Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan te durf met die oog daarop om tydens vanjaar se eindeksamen beter punte daarin te behaal. Vir ontspanning skryf sy kortverhale en gedigte. Die tydskrif Kuier het al van Daylen se kortverhale gepubliseer. “Ek is ook fanaties lief vir speurverhale, jeugromans en grillerige stories wat jou hare laat rys! Skrywers neem jou op reis en die wêreld bestaan nie meer as jy ontvlug in fiksie nie.” Sy beskryf haar reaksie op die e-pos oor haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool so: “Toe ek sien daar is ’n boodskap van Theo Kemp af, het my hart kliphard teen my ribbes gestamp. My oë het lank na die email gestaar; ek was té onseker om dit oop te maak.” Maar toe sy uiteindelik die moed bymekaarskraap om die boodskap te lees, was haar vriend Jakob daar om die vreugde te deel: “Ek kon nie help om kliphard te skree en op te spring nie. Jakob het ook ingeval, alhoewel hy nie geweet het wat aangaan nie. Ek moes twee keer seker maak ek is nie in droomland nie. En nou sit ek met onnodig stompgekoude naels.”