A place where stories unfold

TELEVISIE-SKRYFPROJEK BIED UITSONDERLIKE ERVARINGE BY M-NET KANALE  

Nadat vier belowende televisiedraaiboekskrywers verlede jaar die gesogte Longhope TV-skryf-residensie voltooi het, is hulle onlangs internskappe by M-Net Kanale se verskeie vervaardigingshuise aangebied

Manhlwa Rabenyane, Siyabonga B. Dlamini, Mpho Nkoana en Clarissa Theron (Saaiman) is in 2024 vir die Jakes Gerwel Stigting en M-Net Kanale se draaiboekskryfprogram – bo hondere andere voorstelle – gekies om deel te neem aan die Longhope TV-skryfprojek. Hulle is in die stigting se Paulet Huis op KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap touwys gemaak deur ervare televisie-skrywers en -vervaardigers, naamlik Tina Kruger, Carla-Marie Myburg en Muneera Sallies.  

Agter van links na regs: Clarissa Theron (Saaiman) en Mpho Nkoana.
Voor van links na regs: Siyabonga B. Dlamini, Tina Kruger en Manhlwa Rabenyane.

Ná twee weke se intensiewewerksessies by Paulet Huis, waarvan alle kostes deur die stigting gedek is, is dié belowende jong skrywers onlangs drie-maandelang internskappe aangebied by leidende vervaardigingsmaatskappye, waaronder Tshedza Pictures, The Bomb Shelter en Homebrew. Hier sal hulle betrokke wees by die binnewerkinge van televisieskryf en die uitsonderlike geleentheid gebied word om ’n voet in die deur van ’n baie kompeterende bedryf te kry.  

Manhlwa Rabenyane

Noudat ek die geleentheid kry om by Tshedza Pictures te werk en by ongelooflike kreatiewe mense te leer, voel ek heel.

Manhlwa Rabenyane

“Hierdie geleentheid stel my nie net in staat om my skryfvaardighede te slyp nie, maar ook om by talentvolle, professionele mense in die bedryf te leer. Ek sien uit daarna om my kreatiwiteit en passie aan te wend,terwyl ek onskatbare ondervinding opdoen,” sê Mpho Nkoana, wat saam met die span sal werk aan Shaka Ilembe – ’n baie gewilde televisiereeks oor Koning Shaka se lewe.

Mpho Nkoana

Die sluitingsdatum vir die 2025 Longhope-mentorskapprogam is 11 Julie; en die residensie vind van 10 tot 23 November by Paulet Huis in KwaNojoli plaas. Voorleggings moet aanlyn gedoen word by www.jgf.org.za.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *