Daa’ was ’n tyd toe ek inni body van iemand anders geleef het. My options was; assist, ignore, of sê: “haaties, jy’t die story self gemaak”. Looking back, was die laaste option lowkey – the most aanvaarbaar. But really there wasn’t any option wat enige benefit vir either van ons gie. Om inne matrix van jou eie burdens en stubbornness te wees is not really great, but becoming enmeshed inni sake van ander mense se kwale is binding.
Looking back, het ek taati gegaan, en in moments of crisis, waar my ribbes tanne gegroei’et, het my body en mind begrafnisse beplan – in times of happiness en in times of tangible sadness. Dai instinct om in ’n mode of self-deprecation en skepticism lei my tot die understanding dat ek iets kry uit dai geestelike weeping. My vraag is rudimentary, maa’ lately vrot die idee van obliteration in my kop. Mense is goed as dit by die kuns van obliteration kom.
Obliteration is ’n anne type of malevolent experience. Miskien is die woord ‘obliteration’ drastic en wat ek eintlik bedoel is afbriek, dalk verswakking. For certain though, ek wiet dat daars ’n constant siklus van mense wat mekaar afbriek/verswak/obliterate, and that we do the same to ourselves. Ek beskryf nie die different types of goed wat ’n mens doen wat nie valuable is nie. On the contrary, hope is valuable, but dit display itself as iets wat jou kan afbriek. Ek maak die assumption dat alles wat ôs doen is vir obliteration.
Ek imagine ’n skydancer (tube man) wat van verskeie wapens gemaak is, as ek aan obliteration dink. Nothing left unscathed; die culprit dans met te veel intrigue as wat dit hoort. Die skydancer se emaciated expression maak sy mind separate van sy liggaam, dis draped in tassels van katana’s, knuckle dusters, sai’s, caltrops en bangles van guns en needles – sy hare – die latter portion van flails. As dit af, kraak die liggaam met die sound van tearing tin. As dit op, gyrate dit van links tot regs. Die sissende klank van die metale evoke vonkelings, asof dit sy pyn romanticise, wat lig en tingles verskaf. Dit dans met die awareness van sy gesig, sodat sy oë altyd kontak met iets maak, to make the world smaller.
By Paulet Huis gaan ek my poetry manuscript klaar maak. Ek hoop om discourse te generate rondom die konsep sodat ek dit kan inmeng met die themes van identity en exploitation. It’s not something we ask to see, to experience, but obliteration het sy eie course. Hopelik kan ek uitvind wat die function van die proses is, of selfs beter, ’n way om dit te avoid.
Paul Kammies is a writer and interdisciplinary artist from Cape Town. He completed a BA (Humanities) degree at Stellenbosch University. With his writing and making of art, he hopes to cultivate capacity in people for empathy. Grapefruit is his debut poetry collection, dealing with exploitation, interpersonal relationships, and identity.
