A place where stories unfold

LitNet: Jakes Gerwel-gedenklesing / commemoration lecture 2023

Is altyd polarising om innie geselskap van skrywers, art practitioners en notable figures te wies. Die energy wat uit die gesprek en geselskap geskep wôd, is altyd effervescent en lewendig. In hierie camaraderie is ôs in staat om victory, tenderness en  verlies te vier. Ôs kan ook ’n toekoms voostel waa goodwill bestaan. Is een van dai moments waar ôs besef dat hoe ôs met mekaar interact so belangrik is dat ôs kindness moet kweek en mekaa as humans in lyding en innie lewe moet sien. Ieman anders wat hierie ootuiging geshare het, was niemand annes nie as professor Jakes Gerwel.

Gerwel, ’n lover van taal, letterkunde en sosiale bewustheid, het ’n nalatenskap agtergelaat wat baie wyd loop because of die vele takke wat hy geskep het. Takke wat soveel mense geleenthede aangebied’et om hul immediate en omliggende omgewings te help verander. Een vannie vele vrugte issie Jakes Gerwel Stigting, ’n projek wat se hoofdoel is ommie nalatenskap van prof Gerwel te celebrate deu ’n verskeidenheid programme te verskaf wat gemik is op die ontwikkeling vannie talente van budding skrywers. Over die course vannie afgelope vyf jaa het die Paulet Huis 136 skrywers, musikante, playwrights en digters gehuisves. 30 published boeke, 22 toneelstukke wat gedebut’et byrie Suidoosterfees as result vannie NATi Jong Sterre mentorship programme en drie musical productions – al hierie wonderlike projekte uit die Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos), ’n home wat aan prof Gerwel behoort’et, en sy wat vrou, Phoebé Gerwel, aan die stigting geskenk’et. Ommie suksesse vannie stigting te vereer en die nagedagtenis van prof Gerwel te celebrate is ’n jaarlikse spesiale lesing gehou.

In 2023 is dit die 10de jaa dat die gedenklesing plaasvind, en is vanjaa aangebied deu dr Imtiaz Sooliman, stigter vannie Gift of the Givers; in addition to dr Sooliman se lesing is dit die eeste jaa waa die Jakes Gerwel Stigting die recipient van ’n 6-week internasionale fellowship in samewêking mettie Columbia Universiteit in New York aankondig het. Bekende figure in die creative industry sowel as skrywers wat oor die jare aan die Paulet Huis-residensies deelgeneem het, het die event bygewoon. Een previous fellow, Lebo Mazibuko, skrywer van Bantu knots, het die aand ge-MC wat by die Youngblood Kunsgalery in Breestraat in die CBD plaasgevind het.

Lees verder hier:

Open the link for the English translation.
+ posts

Paul Kammies is a writer and interdisciplinary artist from Cape Town. He completed a BA (Humanities) degree at Stellenbosch University. With his writing and making of art, he hopes to cultivate capacity in people for empathy. Grapefruit is his debut poetry collection, dealing with exploitation, interpersonal relationships, and identity.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *