A place where stories unfold

Nicol Klopper: Nuwe gedig

In die aande dink ek aan wonderwerke 

Wat my in die oggende verveel

En eks speit oor my geheime wat ek met ander mense deel.

Maar 10 oor 11 is ek myself…

Ek wag vir ure vir liefde..onseker of dit nog kom…maar tien oor 11 is ek myself.. en dan  gee ek nie meer om.

Ek praat met myself…praat met myself..as ek moet luister…. ek praat met myself .. praat met myself ..want ek moet ..want die stemme wat ek hoor.. die stemme wat ek voed ..   ek praat met myself… want ek moet

Die tuindwergies vluister en ek skud my kop alweer … maar dis die kopskud kinders…wat jou harder laat probeer..

En dis 10 oor 11 en eks myself… en ek voel ‘n f alweer

Luister hier:

+ posts

Nicol Klopper woon in Kommetjie in die Wes-Kaap, maar is oorspronklik van Bloemfontein. Hy het ’n graad in BCom Bemarking en werk tans vir ’n maatskappy in die toerismebedryf. Lirieke skryf is sedert sy hoërskooldae sy groot passie. Dit fassineer hom dat ’n mens lirieke kan skryf vanuit jou eie perspektief of lewensuitkyk en dit dan op hierdie manier met die wêreld kan deel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *