A place where stories unfold

Nicol Klopper: Skree as jy wil. 

Eks nie veilig hier

Ek leen gedagtes aan niemand nie

Ek is klaar hiermeer alweer

Ek sit dit neer.. ek sit dit neer

Ek is myle weg

Eks op die pad waar almal vrek

En jy is Syne slegs as jy

dink jys op die regte plek

 ~

Ek is net alleen…jy is net te vry

Ek weet dis klaar te laat 

Maar ek sal iewers anders ry

Jy is afwesig.. en ek drink vir verlig

En ek loop hoop en sien Jou in iemand se gesig

 ~

Skree as jy wil. 

+ posts

Nicol Klopper woon in Kommetjie in die Wes-Kaap, maar is oorspronklik van Bloemfontein. Hy het ’n graad in BCom Bemarking en werk tans vir ’n maatskappy in die toerismebedryf. Lirieke skryf is sedert sy hoërskooldae sy groot passie. Dit fassineer hom dat ’n mens lirieke kan skryf vanuit jou eie perspektief of lewensuitkyk en dit dan op hierdie manier met die wêreld kan deel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *