Jy is nou al ’n paar jaar in die onderwys en daar is sekerlik baie ervarings wat jy van jou kant van die lessenaar af kan deel. Wat is vir jou die belangrikste wenke wat jy in die eksamentyd vir leerders kan gee?
Ongeveer vir drie jaar is ek ’n onderwyser by Hoёrskool Plumstead. Veral met die eksamentyd is daar vele dinge wat baie kommerwekkend is. Ek deel dus die volgende wenke:
- ’n Studierooster is van kardinale belang. Dit is belangrik dat jy onderskei tussen meer en minder belangrike vakke. Hiermee bedoel ek dat leerders besluit watter vak(inhoud) meer dinkwerk verg. Te veel kere sien ek dat leerders vir die heel eerste keer hul boeke oopmaak die oggend as hulle die vak skryf. Ek kan dié aflei as ’n leerder vra: “What must we study?”
- Breinkaarte. Leerders besef nie die erns van breinkaarte en hoe dit die studies vergemaklik nie. Leerders gee hulself onnodige stres as hulle hulself bombardeer met al die notas, pakkette en aktiwiteitbladsye. ’n Breinkaart help om die lading te verminder en die gevoel van oorweldiging te verwyder.
- Moenie net herlees nie, maar studeer! Begryp en konseptualiseer die inligting.
- Ons kom almal van verskillende agtergronde, maar maak seker jou brein kry die nodige gesonde voedsel. Om ’n klomp koppies swart koffie te gaan staan en drink ’n aand voor die toets help niks. Waak hierteen. Water doen gewoonlik die trick.