Woensdagoggend is ek sak en pak oppad airport toe. Ek daag ‘n uur voor my vlug op. Ek chill en lees ‘n bietjie voor ons board. In minder as twee ure land ek in Gqeberga. Ek kuier by my broer en sy familie voor ek die volgende dag die span by die airport ontmoet.
Die Oos-Kaap is baie mooi. Die twee uur trip vanaf Gqeberga na Somerset-Oos is gepak met groen natuur. Ons was vier skrywers wat deur twee mentors ge-guide was die naweek. Suzette Myburgh is my mentor. Die Vrydag en Saterdag sit ons in twee in-depth sessies waarin ons my boek bespreek, deur die kleinste detail werk en aan die plan vorentoe werk. Ek wil nie te veel sê nie. Weet net ek is besig om aan ‘n boek te werk. Dit is ‘n emosionele proses, maar ek werk onder die leiding van ‘n great mentor, so ek voel baie confident.
Pauletstraat
Die cherry op die koek is die mense, die skrywers wie ook deel is van die program. Almal is daar om op hulle eie, unieke boek konsepte te skaaf, maar as ons tyd het dan loop ons Somerset-Oos vol of ons praat tot laat in die aand. Hierdie keer was almal baie meer gefokus op hulle werk, so daar was nie jys tyd vir lang kuiers na aandete nie. Gilbert, die pro-chef, het ons gevoed vandat ons daar aangekom het. Drie maaltye per dag was gedien. Glo my, dit is van die beste kos wat jy sal eet in jou leeftyd.
Paulet Huis
Die perdekar huisie in die tuin
Hierdie keer was meer spesiaal vir my want ek het ook tyd gekry om saam ‘n groot groep van die Hufkie’s te kuier die Saterdag middag. Tot my verbasing woon die Hufkie’s vir jare al in Paulet Straat, walking distance van die Paulet Huis af. Vir ‘n outjie wat al vir jare probeer sin maak van my familie stamboom beteken kuier geleenthede soos diè baie vir my. Ek was met ope arms verwelkom deur great mense – omtrent so agt. Ek het vir die eerste keer fotos van die Hufkie’s tussen die jare 1919-1936 gesien. Boonop vertel die ouer generasie vir my van hulle journeys. Ons het nie diep gaan krap om te probeer uit-figure wie my pa se pa was nie; ek ken hom nie. Ons het gefokus op daardie spesifieke oomblik. Daar was ‘n gelag, ‘n geselsery en lekker kos/snacks was bedien. My familie is goeie mense. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir oop deure en die geleentheid om hulle beter te leer ken.
Die Hufkie’s van Somerset-Oos
Ons is sak en pak 10uur Sondagoggend uit Somerset-Oos uit. Ek land in Johannesburg ‘n paar ure later, gereed om te rus voor ek weer die stad lewe van Jozi aanpak.
Reginald Hufkie, or Reggie Peace, is a multifaceted South African actor, singer, rapper, writer and speaker. Despite growing up in the disadvantaged community of Schauderville in Port Elizabeth and being orphaned at the age of 13, his determination and love of life have seen him go from strength to strength. During his studies in transportation management at the University of Johannesburg, he became involved in the university’s drama productions under the guidance of Alby Michaels and Motlatji Ditodi. In 2014, he made his television debut in Single Galz after which he become a household name through other television roles in, for example, 7de Laan, High Rollers, Generations – The Legacy, Swartwater, Die Spreeus, Desert Rose and Poena. He also made his international debut in 2018 in the Danish drama series Liberty. Reginald has appeared in films such as Cowboy Dan (2018) and Nefarious Creatures (2022) while he took on the dual role of writer-actor in Vlamme (2022). In 2021, he released his first album titled Nuwe Lewe/New Life. Reginald enjoys writing sport stories and music, but is now looking forward to writing his first book.