A place where stories unfold

Die Rit Kaap Toe

Merriman Square flats se nuwe elektriese hek is besig om vinnig toe te gaan. Iemand het dit oop gebel vir my want ek het nie airtime gehad om dit te doen nie. Ek sprint by die trappe af en vlieg hek toe…Jô! Ek is net-net uit by die hek. Ingedagte en gefokus pak ek haastig Merriman Straat in Stellenbosch aan.

Onder verby die brug move ek soos ‘n cheetah. By die BP garage op die hoek draai ek regs. Wanneer ek die tyd op my watch sien, change ek skielik van gear twee na gear ses. “Wroem-wroem-wroem!”

High knees en al sprint ek nou soos Akani Simbine verby die Pick n Pay aan my linkerkant. Een of ander voëltjie vang my aandag soos ek verby die LaRez woonstelle skiet. O hel, die hoofpad wat die ryk van die arm Stellenbosch separate is nou vrek besig, maar ek moet oor dit kom.

Die trein wat ek moet vang Kaap toe approach nou die stasie soos die Gautrain. My hartklop het dit seker so vinnig laat lyk. Links,  ‘n ry karre wag. Regs, dieselfde ding. My keel en liggaam smag na water, maar so what, op daai trein moet ek kom.

Die trein is nou amper by die stasie. Ek ook. Net buitekant die hek haal ek ‘n paar sente uit my sak uit, betaal vinnig my trein ticket en sprint om op die trein te spring wat nou al besig is om weg te trek.

“Haloep vinniger! Ek hou die deur,” skree ‘n stranger wanneer sy my sien. Ek duik in die trein soos Habana toe hy nog in top shape was. My asem is weg en my heep nou lekker seer, maar ek staan op en groet die bystanders wat my nounet hard sien val het. Ek dank die stranger soos ek my sitplek inneem. Wie sê daar is nie meer goeie mense in ons land nie?

‘n Bejaarde vrou oorkant my bied vir my ‘n bietjie van haar drink-o-pop. Ek wil dit eers reject, maar sy gee my skewe kyk wat sê: “Jy’s seker een van daai strurvy types.”

Ek knik en gooi ‘n die helfte van haar bottel in my keel af. Ek krap om te sien of ek iets kleins in my broeksak het om vir haar te gee, maar ek besef ek is tien rand short vir my trip terug huis toe.

‘n Career defining meeting met een van die land se top acting agents wag vir my in die Kaap. Die treinrit Kaap toe is gevul met peace, calm en beautiful sceneries. Niks gerowery op die trein vandag.

In die Kaap hardloop ek die moewiese bulte binne opsoek na die adres wat ek op die stukkie papier geskryf het. Ek sukkel eers vir ‘n hele rukkie voor ek besef ek het ‘n GPS op phone, maar ek het nie airtime of data nie. “Haai jinne boeta,” klap ek myself amper op my eie kop. Ek gebruik toe daai laaste paar sente en koop airtime.

Ek daag 5 minute voor my meeting op. “Welkom by ons agentskap,” vloei die woorde by haar mond uit hier aan die einde van die vergadering. My hart het gejuig, maar ek kon nie lank celebrate nie, want ek moes myself humble en vra of sy nie vir my geld het vir my treinrit terug Stellenbosch toe nie. Imagine.

Die treinrit terug Stellies toe was vreedsaam en stil. Dit sink in: “Jy’s gesign boeta.”

Maar toe ek by die elektriese hek van my Merriman Square flats opdaag, toe is my phone af. Ek is uitgesluit.

+ posts

Reginald Hufkie, or Reggie Peace, is a multifaceted South African actor, singer, rapper, writer and speaker. Despite growing up in the disadvantaged community of Schauderville in Port Elizabeth and being orphaned at the age of 13, his determination and love of life have seen him go from strength to strength. During his studies in transportation management at the University of Johannesburg, he became involved in the university’s drama productions under the guidance of Alby Michaels and Motlatji Ditodi. In 2014, he made his television debut in Single Galz after which he become a household name through other television roles in, for example, 7de Laan, High Rollers, Generations – The Legacy, Swartwater, Die Spreeus, Desert Rose and Poena. He also made his international debut in 2018 in the Danish drama series Liberty. Reginald has appeared in films such as Cowboy Dan (2018) and Nefarious Creatures (2022) while he took on the dual role of writer-actor in Vlamme (2022). In 2021, he released his first album titled Nuwe Lewe/New Life. Reginald enjoys writing sport stories and music, but is now looking forward to writing his first book.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *