A place where stories unfold

Geregtigheid moet geskieT

My liggaam is vuurwarm en my gedagtes tevrede nadat ek die lang bult hier in Weltevreden Park nounet oorkom het. My hartrate word deur my controlled-in-and-out asemhaling tegniek so laag as moontlik gehou. Net nog ‘n draai links, en dan regs, en dan is ek terug by die huis na my 4km hardloop sessie deur die strate van diè middel klas suburb. Die strate van die plek ken my nie, en ek ken ook nie die omgewing nie, maar vir nou noem ek dit my community, alhoewel ek ‘n visitor hier is. Ek house sit so bietjie.

     Net hier voor my wag die besige J.G. Strydom Road. Die peak-time verkeer vlieg verby soos ‘n groep springbokke in ‘n game teen die kangaroos, die Aussies. Op in die een rigting en af in die ander. Ek staan en wag daar vir drie minute. Ek probeer ‘n gaping oor die pad vang, maar ek kry net nie ‘n gaping nie. Ek besluit toe:

“Die verkeer hou nou te lank aan, kyk vir ‘n ander way rondom die probleem.” Ek kies om op die pavement te hardloop teen die stroom in die rigting van die Caltex garage daar naby Hillfox Value Centre.

    Ek hardloop nie eers 100m nie en ek hoor skielik net ‘bah!’ Ek kyk oorkant die pad en sien net vonkies wat spat. ‘n Ou, seker in sy early twenties, met netso groot groen winter jacket het sy shiny silwer gun uitgehaal en die ouens in die blou overalls wat saam hom loop skrik gemaak deur ‘n warning shot in die lig te skiet. Ek kan sien die see blou overalls wil almal nou dadelik weghardloop daar, maar iets lelik vloei uit die ou in die groen jacket se mond uit. “Hardloop julle net! Ek skiet julle in julle holle.”

     Die huishelpers en jaart skoonmakers in J.G. Strydom staan daar, almal geskok. Niemand dare beweeg nie. Die springbokke worry hulle oor niks! Hulle gaan net aan met hulle lewens. Op en af, link en regs. Ek, aan die ander kant, het ‘n keuse om te maak: draf stadig of sprint daar weg soos Wayde van Niekerk in sy prime. Ek vlieg vir ‘n paar sekondes, maar skielik is my heartrate so hoog soos ‘n thermometer, so ek moet dit maar rustig vat. Ek kies om die res van die pad te race walk, my asemhaling tegniek toe te pas en so gou as moontlik daar by die garage uit te kom. Soos ek Caltex in stap kyk ek eers terug of ek nie gevolg was nie.

“O liewe hel, dalk sien ek jou vandag,” dink ek. Maar neewat, die coast is darm clear vir nou. Ek wonder of ek nie sommer ‘n pak ciggies moet koop om die nerves te kalmeer nie, maar toe onthou ek ek rook nie. Ek het eintlik daarheen gegaan om water of koeldrank te kry. Ek kry my bottel sparkling water en down dit so vinnig as moontlik om my vuurwarm liggaam so bietjie af te koel.

     “Waar is die ou in die groen jacket,” gaan my kop te kere soos ek uit Caltex uit loop. Skielik is enigiets of iemand in groen ‘n threat vir my, selfs die springbokke wat verby my vlieg. ‘n Groen bakkie draai by garage in. Ek maak seker dat ek vinnig daar weg kom, plastic sak in my hand en al.

“Chillax boeta,” probeer ek myself kalmeer.

“Stap tree vir tree rustig huis toe. Jou hardloop sessie is klaar en jy gaan okei wees. Jou liggaam is anyway te gaar om nou weer te hardloop.” Ek vat vyftig persent van my kop se raad. Soos ek loop scan ek die hele plek. Diep binne dink ek:

“Vandag is die dag, maak gereed om jou loved one’s te groet boeta.”

     Ek draai regs in die straat waar ek bly na lang ‘n gesukkel en wag om oor die pad te kom. Ons straat is ‘n lang een met hoeke en draaie, so dalk ontmoet my demise my nog. Dit nogal in die straat waar my huis is. My negatiewe gedagtes het dalk die waarheid gepraat want twee ouens in blou overalls kom in die teenoorgestelde rigting van my aangestap. Hoekal twee ouens wat in daai groep geloop het vroeër. Die een ou het ‘n graaf in sy hand en die ander ‘n pik steel.

“O duiwel, die einde is in sig.” Ek is adamant dat ek hel toe gaan vandag. In my kop bely ek al my sondes en vra die liewe Here om vergifnis, maar ek dink dis dalk bietjie te laat. Ek wil weghardloop, iewers rond soek vir shelter.

     Die antie se muur hier regs van my lyk darm nie te hoog nie, maybe kan ek oor spring en darm survive. Nee! Ek oorwin die stem in my kop en hou aan met loop, nervous soos nog iets. Net voor hulle my private space invade groet ek met netso groot smile op my gesig en vra:

“Wat gaan aan ouens?” Praat van ‘reverse-gear psychology’, soos Willie Esterhuizen sal sê. Een van hulle antwoord ewe vriendelik:

“Die nwata ouens innie flat hier ommie draai het onse tools gesteel en toe vang ons een van die culprits.”

“En toe kom ek en my brasse met ‘n gun en sort die twak sommer gou uit,” maak hy sy vriend se sin klaar. Die manne smile en loop daar weg met trots in hulle harte. “Cheers gents,” hak ek af en ek maak seker dat ek vinnig uit hulle presence uit kom. 

     Na ons gesprek draai ek om en mik vlugtig vir my veilige hawe wat doer in die culdesac is. Skielik, uit ‘n jaart, verskyn die ou in die groen jacket. Nog twee ouens in blou overalls loop saam met hom. Ek weet die ander manne het nou net vir my hulle storie vertel, maar my broe, die man wat die geweer getrek het is nou hier in my aangesig. Hulle fist-pump mekaar en smile soos kinders wat nounet hulle gunstelling koek gechow het. Twee pikke en twee grawe is in hulle hande.

“Dankie vir ‘n nca, tog swaar lewe liewe Here,” begin ek met my laaste-aaste gebed. “Ek hoop my lewe hier op aarde het iets vir iemand beteken. Ek wou nog altyd ‘n peaceful dood hê, nie ‘n pik, graaf of gun dood nie…maar wat kan ek doen?” Knop in my keel stap ek nader aan my huis, maar ook aan die manne wat verantwoordelik is vir my ‘heengaan’.

     Een-twee-drie en hulle is net hier voor my.

Goodbye ma! Ek wil net sê ek het ma en my meisie, Claudine, unconditionally liefgehad. Ek gaan jou koeksisters en tee mis ma. En my engel, ek het jou nooit gesê nie, maar om eerlik met jou te wees, ek rook vir die afgelope twee jaar ‘n ciggie ‘n week. So ja, jy het ‘n ciggie-mond gevry. Jou worst nigtmare, ek weet.”

     Nee regtig, my tyd het nou officially gekom, so die secrets moet nou maar uitkom. Ek kyk grond toe. Spanning vul my liggaam van kop tot tone. Ek wag vir die geskiet of slaan, maar dit kom nie. Oomblikke later, twee sekondes om presies te wees, lig ek my kop op en kyk direk in die ou met die groen jacket se oë. Hy smile en groet my.

“Awê.”

Die ander ouens groet ook. Ek is onseker of ek moet groet of nie, maar ek lig ‘n duim en sê,

“Awe masekinners.”

Vreemd genoeg lyk die ou in die groen jacket net soos ek. Masekind is dan ‘n gepaste manier van groet.

     “Wie is jou ‘masekinners’ huh? ‘n Laaitie soos jy moet my boss noem. Hoor jy my?”

Is dit wat hy gesê het of was dit die stem in my kop? Dit was definitief die stem want toe ek om kyk toe sien ek daar loop die masekinners dan. Die spanning word nogsteeds deur my liggaam gevoel, maar vandag se drama is darm verby. Of is dit? Ek wil sprint na my huis toe, maar ek hou my cool, fokus op my asemhaling-tegnieke en stap rustig, want kom ek se jou, my hart se klop was vinniger as wat dit was toe ek gehardloop het.

     “Banggat!” “Ek is nie bang nie.”

Ek worstel met die stem in my kop. Ek kyk seker tien keer terug voor ek sprint, die jaart binne jaag, en die hek sluit. Wel, probeer sluit.

“Hoekom moet jy nou van alle dae met my sukkel hek?!”

Die slot besluit uiteindelik om te werk en daarna mik ek so gou as moontlik vir die deur.

     Eers toe ek die huis binne tree en bedaar het, besef ek: die ouens wat eerste saam met my gesels het was deel van dieselfde groep as die ou met die groen jacket. Hulle het saam na die culprit toe geloop, maar nie saam terug nie. Was dit sy tools wat gesteel was? Of was dit sy construction span se tools? Hoekom sal iemand so vêr gaan net vir dit? Wat as hy die culprit doodgeskiet het? Wat as daai bullet my geraak het? Ek sou hom sue, al het ek in ‘n graf gelê. En as ek nie lawyers kon beskostig nie sou ek tenminste drie keer per week by hom spook.

     ‘n Paar ure later toe my heartrate normaal was, besef ek hoekom hy so opgetree het. Die man het sy tools, waarvoor hy betaal het met sy eie hardverdiende geld, gesoek, want wie is die culprits dat hulle net vreemdelinge se goeters vat en daarmee weg kom? Jy kan nie net vat as iets nie aan jou behoort nie. Steel is nie reg nie. Volgens die ou in die groen jacket moet geregtigheid skiet, al beteken dit hy moet iemand skiet. Natuurlik gaan hy ook met die nagevolge moet deel, maar hy het opgestaan en sy krag teruggevat.

     Ek vat ‘n koue shower. Dit is vriesend, maar goed vir die hart. Ek klim later in die bed om te rus, maar ek sukkel. My gedagtes dink aan die ou wat adamant was dat geregtigheid moet geskiet.

+ posts

Reginald Hufkie, or Reggie Peace, is a multifaceted South African actor, singer, rapper, writer and speaker. Despite growing up in the disadvantaged community of Schauderville in Port Elizabeth and being orphaned at the age of 13, his determination and love of life have seen him go from strength to strength. During his studies in transportation management at the University of Johannesburg, he became involved in the university’s drama productions under the guidance of Alby Michaels and Motlatji Ditodi. In 2014, he made his television debut in Single Galz after which he become a household name through other television roles in, for example, 7de Laan, High Rollers, Generations – The Legacy, Swartwater, Die Spreeus, Desert Rose and Poena. He also made his international debut in 2018 in the Danish drama series Liberty. Reginald has appeared in films such as Cowboy Dan (2018) and Nefarious Creatures (2022) while he took on the dual role of writer-actor in Vlamme (2022). In 2021, he released his first album titled Nuwe Lewe/New Life. Reginald enjoys writing sport stories and music, but is now looking forward to writing his first book.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *