Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

In Chase Rhys se dialoog Pil vertolk Enrico Hartzenberg en Morné Steyn die rolle. Basil Appollis was in die regisseurstoel.
Pil
Chase Rhys
Karakters
BILLY: 32. Kaaps. Bruin. Non-binary. All pronouns. Queer.
JAE: 33. Kaaps. Bruin. Non-binary. Pronouns: hulle/ they/ them. Queer.
BILLY: Dié’s mos ’n lank pil.
JAE: Wiet jy wat’s langere?
BILLY: Sê vi myyyy.
JAE: Tyd wanne jy weg is.
BILLY: OMG nee, corny!
(PIL IN MOND)
JAE: Wag eeste, spieg it yt!
BILLY: En nou?
JAE: Moenie it net soe slukkie. Maak ees ’n ceremony.
BILLY: ’n Ceremony? Soes ’n Olympic opening ceremony? Moet ek nou hie dans voo ek my pil vat?
JAE: Ek mean maa, dié’s ’n moment wat jy virrie res van jou lewe ga onthou.
Maak it special. Ritualise it. Stiek ’n kers an en dan va …
BILLY: Ritual? Watse doekoem gan dan nou hie an? Moet ek nou imphepu en mijang-stokkies oek brand?
Lees verder hier: