A place where stories unfold

Driekuns/Hat-trick 2023: Kirby van der Merwe en Eugene

Jan Rabie-Rapport-prys 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe

Wenner: Kirby van der Merwe vir Eugene (Human & Rousseau)

Commendatio: Ryan Pedro

Kirby van der Merwe se Eugene is ’n roman wat skok, vermaak, uitdaag en meesleur. Hier word talle teenstrydighede moeiteloos bymekaargebring: die hede teenoor die verlede, die stedelike teenoor die plattelandse, die suburbs teenoor die ghetto’s, Standaardafrikaans teenoor niestandaardvariëteite teenoor flaaitaal teenoor sleng, liefde teenoor haat, vertroue teenoor verraad. Die resultaat? ’n Komplekse netwerk gegewens en gebeure wat van begin tot einde soos die drade van ’n spinnerak styfgespan lê, en hiermee saam, dinamiese karakters wat dié fyngesnaarde storiewêreld laat vibreer wanneer hulle die geringste beweging maak.

En wat ’n tekstuurryke, veelvlakkige wêreld is dit nie.

Wat Van der Merwe hier vermag, is om die tyd en ruimte tot in die fynste besonderhede raak te skryf. Die krotbuurte, jaarte, sypaadjies, straathoeke voel alles polsend, tasbaar. Die taalgebruik is so plofbaar en robuus dat dit byna hoorbaar oorkom. En al die gebeure voel na aan die lyf. Veral indrukwekkend omdat die taalgebruik deurgaans ekonomies bly, en die teks deurlopend gestroop voorkom.

Lees verder hier:

kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe

Wenner: Kirby van der Merwe vir Eugene (Human & Rousseau)

Commendatio: Thys Human

In sy langverwagte tweede roman, Eugene, gee Kirby van der Merwe gestalte aan ’n romankarakter wat net so kleurvol en kompleks – net so kwasterig en charismaties – is as die befaamde vlees-en-bloed-figure (plaaslik én internasionaal) met wie hy sy voornaam deel. Maar Eugene, ’n “gentleman-skollie” met ’n swakheid vir boeke en vroue, is niemand se kloon óf epigoon nie.

Daar bruis immers Bolandse bloed in sy are. Sy helder verstand het hy op die smokkeljaarts, langstoepe en in die vuilhoeke van die ghetto se killing fields gekry. Sy morele kompas is deur sistemiese onreg, polisiebrutaliteit en sy mede-“comrades” gekalibreer. Onder sy byderwetse biker jacket klop ’n weerspannige hart en op sy skouer hurk ’n sekelstertbobbejaan.

Lees verder hier:

Kirby en Eugene is ook die wenner van die 2023 ATKV-Woordveertjie in die prosaprys kategorie.

+ posts

Kirby van der Merwe is 'n skrywer en joernalis. Sy jongste roman, Eugene, het pas verskyn.

+ posts

Ryan Pedro is in 1993 gebore en het sy grootwordjare in Kakamas en langs die Weskus deurgebring. Hy woon tans in Gordonsbaai saam met sy lewensmaat. Van sy gedigte het in Nuwe Stemme 6 verskyn en hy het aan sy debuutbundel pienk ceramic-hondjies gewerk tydens die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie van 2019. In pienk ceramic-hondjies maak die leser kennis met die vars en nuwe stem van Ryan Pedro wat skryf oor ’n leefwêreld wat in die Suid-Afrikaanse letterkunde nog bykans onaangeroer is. Die gedigte word dikwels vanuit die oogpunt van ’n plattelandse bruin kind in sy vormingsjare aangebied. Blootstelling aan verskillende wêrelde binne die familie-opset of dié van ’n klein dorp bied ’n blik op die vloeibaarheid van identiteit en die kompleksiteite wat meegebring word deur ras, klas en opvoeding. Die verskillende leefwêrelde word ook sigbaar gemaak met verskillende taalvariëteite wat in die verse voorkom. ’n Unieke stem vanuit ’n nuwe generasie skrywers tree toe tot die Afrikaanse poësie in hierdie bundel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *