Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs die wenners van die gesogte Akademiebekronings vir 2023 aangekondig. Die pryse word by twee bekroningsplegtighede in September vanjaar oorhandig. Lees Thys Human se huldigingswoord hier onder.
Hoewel die eienaamtitel van sy tweede roman ’n rykdom verwagtings en assosiasies (veral binne die sosiopolitieke konteks van Suid-Afrika) aktiveer, slaag Kirby van der Merwe in Eugene daarin om lewe aan ’n besonder unieke titelkarakter te gee, waardeur hy vooropgestelde idees uitdaag en maklike veralgemenings slim weerlê.
Eugene is ’n suksesvolle joernalis in sy middeljare; welbelese en gesofistikeerd – ’n “gentleman-skollie” gevorm en gebrei deur die uitdagende omstandighede in die Bolandse “kampong” waarin hy as kind grootword, die geweld en verraad waaraan hy as politieke versetstryder in Hillbrow uitgelewer is, asook die uitdagings wat hy tydens sy terugvlug na die Kaap moes oorkom. In die hede van die roman dra hy, metafories gesproke, ’n bobbejaan op sy rug. Ofskoon dié bobbejaan Eugene uiteindelik help ontsnap en hom selfs tydens sy omswerwinge geselskap hou, is en bly hy ’n versigbaring van die blywende letsels wat geweld, marteling en ontbering op Eugene se psige gelaat het.
Lees verder hier: