A place where stories unfold

Sjef Gilbert: ’n Man wil mos vir jou girl butterflies gee!

Deesdae is die lewe so gejaag en daar is selde tyd om kwaliteittyd saam met jou geliefde te spandeer. Ons is ook geneig om die “easy way out” te vat as dit by die bederf-aspek kom, byvoorbeeld as Piet of Saartjie verjaar, dan neem ons hul na ’n fancy restaurant. Want daar kan ons mos net gaan sit en die res word vir ons gedoen.

Met Valentynsdag om die draai wil ek jul aanhits om iets anders te doen as die normale uiteet by ’n restaurant; iets wat kwaliteit-alleentyd sal waarborg: ’n Valentynsdag-piekniek.

Eerstens sal jy ’n geskikte plek moet soek voor jy besluit wat om als saam te neem. Almal het ’n gunstelingplekkie om na toe te gaan – ’n afgesonderde park, strand of ’n sonsondergang-uitkykpunt.

Een van my gunstelingplekke is Die Kaia, 6,8 km buite Somerset-Oos op die Suurberg-pad. Die Kaia is ’n prentjiemooi vesting geleë op die banke van die Klein-Visrivier.

Die Kaia het vier voortreflike tenthuise op die perseel waar ’n mens wakkerword met die geroep van die visarend en die gesang van voëltjies wat die nuwe dag aankondig.

Bo en behalwe die “stilte” van die natuur bied Die Kaia ook kajakritte aan, of jy kan sommer met ’n tjoep in die rivier af dryf. Dit is ook ’n gesogte visvangplek met vyf verkillende varswaterspesies: karp, geelvis, moddervis, baber en palings.

Om terug te kom na die piekniek, gaan jy die volgende nodig hê:

Piekniekmandjie
Piekniekkombers
Kerse of lanterns
Sjampanje- of wynglase
Blomme
Houtplank (snack tray)
Peuselhappies

Ek sal ook voorstel dat jy moeite doen met die dekor. ’n Man wil mos vir jou girl butterflies gee! SO GAAN GROOT!

Peuselhappie-idees:

My gunstelinghappies is natuurlik kaas:

Beleë (mature) cheddar
Camembert
Brie
Gorgonzola
Gjetost (Noorweegse bokmelkkaas)

Droëwors
Biltong
Italiaanse salami
Snacktime-beskuitjies
Franse brood
Botter
Gemengde vars bessies
Gemengde neute
Soetrissiesous
Ingelegde vye
Ferrero Rocher

Versiering:

Eetbare blomme (violas, roosblare en laventel)

Sjampanje en wyn (onthou die ys)

Metode:

Rangskik al die happies op ’n houtplank (do it with style)

Chef’s tip

ELKE POT HET SY DEKSEL

Liefdesresep:

1 x Adam
1 x Eva
4 x wingerdblare
2 x harte vol passie
1 x hand vol omgee
1 x hand vol geduld
2 x hande vol respek
2 x hande vol verbode vrugte
1 x emmer vol liefde

Metode:

Meng al die bestanddele in pot, plaas deksel op en prut vir 50 tot 60 jaar oor lae hitte.

Roer en proe gereeld, voeg nog speserye by indien nodig.

Foto’s: Gilbert van Zyl

+ posts

Gilbert van Zyl is the chef who treats our writers with his love for food, in abundance. Gilbert hails from Velddrif on the West Coast, but worked for years at Queen’s College in Queenstown, before he moved to Somerset East. Except for his involvement with the Foundation, he owns his own catering business.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *