Op die kortlys van die Ingrid Jonker -prys: ‘n Resensie oor Soe rond ommie bos

In haar bundel verwoord Jephtas ’n vars stem in gesprekke rondom femicide, geslagsgebaseerde geweld (GBV), rassisme en die post-94-konteks in Suid-Afrika. Die bundel is myns insiens verteenwoordigend van ’n kollektief van jong Suid-Afrikaanse stemme: ’n amalgamasie van dié van ’n jong vrou, ’n Bruin vrou, ’n student, ’n born-free Suid-Afrikaner wat woedend is, wat teen onreg en diskriminasie baklei, wat die Suid-Afrikaanse samelewing ’n beter, veiliger plek wil maak, en wat moeg is vir om hierdie kwessies praat. Die bundel word juis onder andere opgedra aan “ammel wattie kankers vannie liewe se gat skop”. Poësie en die skryf van gedigte blyk Jephtas se weapon of choice te wees, en sy bewys in soe rond ommie bos die effektiwiteit van dié wapen.

optog

 eendag sit ek en my vriend byte die drama dep en hy sê, jy is ’n
lopende optog
wan ek hettie tyd vi wit mense en hulle kak nie
in fact, ek hettie tyd vir ienage een se kak nie
ek het gedink isse insult
toe onthou ek vi steve en ashley en dulcie en allie anner. sharpeville
en feesmustfall
hoe my ma hulle innie fabriek getreat wôd
apartheid
winnie en my ma en my ouma en ronelda en lee-ann en taren en
elmarie en monique en crystal en kay
en saartjie
as jy ienage iets wil change moet jy protest jy moetie vullis ytgooi jy
moet tyres brand jy moet poems skryf
al lees nieman mee rêragie 

innie pad

ek het iewes gelees dat mans amper nientag pesent vannie tyd
dink ’n vrou sal padgie as hulle dieselle way loep
vrouens het ophou padgie
die nawiek toe doen ekkit by ’n fees met wit mense
ses wit mense het in my vasgeloep
een tannie het groot geskrik
sy het besef
sy is in my pad 

bly nog ’n rukkie

gie my nog een klap tien my wang
gooi nog een glas wyn deu my gesig
trek nog een kee my hare
gil my naam af innie gang
briek nog een laaste bôd in my naam
haal wee ôs foto’s yt elke raam
kô trug
bly nog ’n rukkie
langer 

femicide

ek sit innie bib
headline ná headline lees ek hoe nog ’n liggaam gevind is
my trane sit in my oë
ek chat met my chommie matteo
ek kannie hylie
wan my first draft vir my honours moet in
en my supervisor gannie nou omgie oo my gevoelensie
die department gannie nou omgie oo hoe gebriekie nation issie
wan in show business lee ôs van kleintyd af
the show must go on
die show se poes 

end game

ek sallie eeste een wies om te admit dat
met groot hare kô aandag en onnorage baggage
by woordfees 2019 toe gan kyk ek endgame
die een tannie sak af
jy kan nie jou hoë hare maak as jy teater kom kyk nie
ek gie haa toe ’n vylkyk
toe sak sy wee af
ek grap maar net hoor 

die sad deel vannie hele storie
wassie ees dat sy it gesê hettie
dit wassie dat ek kon hoor sy joke genuinely
en is uneducated oo hare nie
maa it wassie feit dat my wit vrinne vi my sê
ek kan nie glo sy sê dit vir jou nie, maa hulle sê dittie vi haa nie
die tannies wattie kon sienie sit nou op anne mense se seats
en ek sit en dink hoe ek my hare hoër kan maak virrie volgende show

Lees hier:

https://klyntji.com/joernaal/2021/4/24/veronique-jephtas-soe-rond-ommie-bos

+ posts

Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *