A place where stories unfold

LitNet: Crystal-Donna Roberts en Speurder Sammi: die blou steen 

VERONIQUE: Jou protagonist is ’n 13-jarige. Jy het onskuld en dapperheid en curiosity soe mooi gecapture innie storie. Wat het jou gedraw spesifiek na tieners? Issit ’n geval van iets beskikbaa maak virrie youth van vedag wattie daa was vi jou nie?

CRYSTAL: My rede vir ’n 13-jarige protagonis is seker omdat ek in ’n manier nog steeds voel soos daai jong mens wat bietjie bewildered kan wees in die wêreld. So veel soos wat ons almal maar grootword en groei en wyser raak, is daar nog steeds hierdie gedeelte van ons wat net nog nie die antwoorde het nie and we’re still searching and asking and discovering. Nog ’n rede is omdat ek so baie jong mense sien wat dinge ervaar het of bewus geword het van dinge op ’n baie jong ouderdom. In die boeke wat ek gelees het op skool, was baie van die protagoniste se lewens nogal “vanilla” in vergelyking met wat ek gesien het in my gemeenskap. Some kids have to grow up really quickly en ek wou daai ook explore. Nie net grootword in terme van werk en inkomste in die huis bring nie, maar ook emosioneel en hoe jou forced emotional maturity vir ’n mens kan impak en dan hoe ’n mens dit kan gebruik. 

Lees hier:

Voorblad foto: Jeremeo Le Cordeur

+ posts

Crystal-Donna Roberts was 'n Suid Afrikaanse aktrise wat haar kinderjare deels in Bonteheuwel, Kensington en Factreton in Kaapstad deurgebring het en toe haar hoërskoolopleiding in Bloemfontein voltooi het. Sy het haar BA-graad in drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Crystal-Donna was bekend vir teaterwerk soos Rondomskrik met Hennie van Greunen as regisseur, Kanna hy kô hystoe onder regie van Gerben Kamper en Bidsprinkaan met Janice Honeyman as regisseur. In die film- en televisiebedryf was sy betrokke by produksies soos The Endless River, Krotoa, Arendsvlei en Swartwater. Roberts is op 6 Maart 2025 oorlede.

Ons neem met groot hartseer afskeid van Crystal-Donna Roberts. Sy was nie net ’n uitstekende aktrise nie, maar ook ’n talentvolle skrywer. Ons het die borrelende Crystal leer ken toe sy haar boek, "Speurder Sammi: die blou steen" in 2021 as deel van die Bosberg-boekskryfprogram geskryf het. Sy was ’n besonderse deel van die Jakes Gerwel Stigting se skrywersfamilie, en ons sal haar nooit vergeet nie.

+ posts

Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *