Oor hierdie boek:
Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, ‘n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan ‘n goeie change of scene vir haar wees. Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters. Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?
ISBN: 9780624093589
Uitgewer: Tafelberg
Datum Vrygestel: September 2022
Prys (incl. VAT): R 140,00
Formaat: Sagteband, 96pp
Crystal-Donna Roberts was 'n Suid Afrikaanse aktrise wat haar kinderjare deels in Bonteheuwel, Kensington en Factreton in Kaapstad deurgebring het en toe haar hoërskoolopleiding in Bloemfontein voltooi het. Sy het haar BA-graad in drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Crystal-Donna was bekend vir teaterwerk soos Rondomskrik met Hennie van Greunen as regisseur, Kanna hy kô hystoe onder regie van Gerben Kamper en Bidsprinkaan met Janice Honeyman as regisseur. In die film- en televisiebedryf was sy betrokke by produksies soos The Endless River, Krotoa, Arendsvlei en Swartwater. Roberts is op 6 Maart 2025 oorlede.
Ons neem met groot hartseer afskeid van Crystal-Donna Roberts. Sy was nie net ’n uitstekende aktrise nie, maar ook ’n talentvolle skrywer. Ons het die borrelende Crystal leer ken toe sy haar boek, "Speurder Sammi: die blou steen" in 2021 as deel van die Bosberg-boekskryfprogram geskryf het. Sy was ’n besonderse deel van die Jakes Gerwel Stigting se skrywersfamilie, en ons sal haar nooit vergeet nie.
