A place where stories unfold

September 2022 – Crystal-Donna Roberts se Speurder Sammi

Oor hierdie boek:

Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, ‘n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan ‘n goeie change of scene vir haar wees. Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters. Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi? 

ISBN: 9780624093589

Uitgewer: Tafelberg

Datum Vrygestel: September 2022

Prys (incl. VAT): R 140,00

Formaat: Sagteband, 96pp

+ posts

Crystal-Donna Roberts is 'n Suid Afrikaanse aktrise wat haar kinderjare deels in Bonteheuwel, Kensington en Factreton in Kaapstad deurgebring het en toe haar hoërskoolopleiding in Bloemfontein voltooi het. Sy het haar BA-graad in drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Crystal-Donna is bekend vir teaterwerk soos Rondomskrik met Hennie van Greunen as regisseur, Kanna hy kô hystoe onder regie van Gerben Kamper en Bidsprinkaan met Janice Honeyman as regisseur. In die film- en televisiebedryf was sy betrokke by produksies soos The Endless River, Krotoa, Arendsvlei en Swartwater. Behalwe vir haar werk as aktrise, wil Crystal-Donna graag haar liefde vir die verbeelde en binnewêrelde van mense op papier uitleef.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *