Die karakters innie roman is almal mense wat mens voel jy ken of eens op ’n tyd al raakgeloep het. Vanaf Sammi, Lerato en April – die drie 13-jariges wat oppie drumpel van hulle teenage phase staan, tot Valerie, Sammi se antie, wat haa hart volg en verf en queer is. Ek hou oek daavan dat daa nie ’n bohaai gemaak wôd oor Valerie se queerness nie. Dit vorm net deel vannie narrative. Soes in real life. Dan is daa Dedda Darries en Ouma Lena, wat soes varsgebakte brood en hys voel, en dan die mense vannie dorp wat vinnig inpas en plek volmaak innie storie. Dis eg. Dis plat. Dis eerlik.
Roberts skryf karakters wat wegdoen met tipiese storielyne van swaakry. Dis gewoonlik die tipiese challenges van wêk soek om te sorg vi iets virrie pot innie hys, skool los om sieke te maak iemand is byrie hys, of nie kan gan swot ná matriek nie, want daa issie ’n income nie. As dit nie dit is nie, issit die stereotipiese gedragsprobleme wat veral met Bruin karakters associate wôd. Roberts flip egter die coin.
Wat ek refreshing vind, is hoe gemaklik Roberts die karakters in hulle omgewing en liggame geskep het. Die gesprekke is natuurlik en effortless. Oumie is bewus van Sammi se stryd met haa angsaanvalle en ek is mal oorie feit dat Sammi nie die nagevolge van trauma wegstiekie. “‘Maar,’ praat Oumie terwyl sy botter smeer. ‘Vertel my nou eers, hoe gaan dit met jou.’ Die manier waarop sy dit vra, is meer as net die terloopse ‘Hoe gaan dit met jou?’ Sammi sug en glimlag skeef. ‘Ek is fine, Oumie. Ek … uhm, ja …’ Sy trek haar skouers op. ‘Ek is fine.’ […] ‘En hier?’ Oumie sit haar hand op haar hart. ‘Hoe’s dinge hier?’” (bl.27.) Dit normaliseer hierdie gesprek ennie feit dat almal angs ervaar, oppie een manier of die anner, en bevestig baie vroeg vi tieners dat dit okay is. Dat niks fout is met jou nie en dat jy daaroor kan praat.
Temas van verlies, van determination, oorbegin, bieter wies, simpatie en empatie toon, ennie besluit om nie ’n slagoffer van jou omstandighede te wiesie, kô stêk voo innie teks. Die ytbeelding van vriendskap innie roman lat jou oek dink an jou 13-jarige self ennie dae toe puberty begin strike het.” Veronique Jephtas
Lees verder hier:
https://klyntji.com/joernaal/2023/2/6/crystal-donna-roberts-speurder-sammi