VERONIQUE: Jy spring vannie get-go af weg met hoe gender norms ’n rol speel innie stories innie bundel. Dis oek ’n natural way ommie gesprek te begin rondom social constructs en hoe mense al hoe meer hulle true self is, ennie conform tot wat society hulle wil reducie. Sou jy die bundel beskryf as ’n reclamation of identity, of ’n form of protest teen dié wattie die opportunities vat “om met hulle ‘other’ menslike bure” te integrate nie?
CHASE: Is gladdie ’n “protest” ie, dai mense issie my concern ie. My mainfokus issie misfits, my mense. Ôs is maa nou ees biesag om yt te vind wie en wat ôs is. Ôs beginne nou maa ees ytie cacoon ytkô. Ek vekyk myself aan hoe stunning ôs is, ek val elke dag mee madly in love mettie misfits. Die liewe voel net bietere wanne ek my aandag daa hou.
https://klyntji.com/joernaal/2022/10/8/chase-rhys-misfit
Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.
