“Gangster, hy? Eugene het gelag en onthou daar is actually ’n óú Kaapse term vir ’n ou soos hy: gentleman-skollie. Netjies gecollar en getie, maar hy skop jou gou in jou poes […] Eugene staan met een voet hier en met een voet in die ghetto. Overgeset synde, jy kan die gentleman uit die ghetto haal, maar nie die ghetto uit die gentleman nie.
Hy kom uit die ghetto se killing fields.” skryf Kirby van der Merwe.
Die Eugène Marais-prys word toegeken vir ’n skrywer se eerste of tweede bellettristiese werk in Afrikaans. Sedert 2023 word die prys jaarliks om die beurt toegeken vir prosa die een jaar en vir poësie en drama die volgende jaar.
Die kortlys is soos volg:
- Ruan Kemp – Wit leuen
- Kirby van der Merwe – Eugene
- Carien Smith – Bot
- Dianne Du Toit Albertze – Bottelnek breek bek
Die prysgeld word gedeeltelik geborg deur Rapport.
Kirby van der Merwe is 'n skrywer en joernalis. Sy jongste roman, Eugene, het pas verskyn.
